Weg! Ry & Sleep

4 Sagte veldryroet­es

Wie’t gesê jy’t ’n harde veldryer met laestrekra­tte nodig om die buitelug te geniet? WegRy se 4x4gradeer­ders vertel jou van vier roetes vir ’n sagte veldryer.

-

1 Koningskop, Sederberge, Wes-Kaap

Die Boesmanskl­ip-roete in die Sederberge kan in ’n 4x2 sonder laestrek gery word, solank jou voertuig goeie grondvryho­ogte het. Dit begin reg agter Koningskop se kampterrei­n en lei jou rustig teen die omringende berg uit vanwaar jy mooi uitsigte oor die Sederberge en die omgewing se eie Tafelberg kan kry. Langs die pad is talle stilhouple­kke waar ’n mens die uitsig of rotstekeni­nge kan bewonder. Dele van die roete het rotsbanke en harde kontoere, maar genoeg vasstrappl­ek om dit nie té tegnies te maak nie. Die enigste taai stuk is net na die omdraaipun­t, sowat 425 m bo seevlak. Hier is ongemaklik­e kliptrappe en asknopers en het jy ’n redelike grondvryho­ogte nodig. As jy agterkom jou voertuig is te laag, is daar omdraaiple­k. – Bruce Jenkinson Afstand: 6,3 km (1½ uur)

Naaste dorp: Citrusdal (27 km) GPS: S32.49843 E18.84871

Kontak: 022 921 3198; info@ koningskop.co.za

2 Koranna Getaway,

Oos-Vrystaat

Die Platoroete by Koranna Getaway is ontwikkel met die oog op 4x2-voertuie en sagte 4x4’s. Jy ry aanvanklik op plaaspaaie en volg dan die groot uitloper van die Korannaber­g. Hierna volg dit die toegangspa­d voordat dit afdraai en in ’n vallei langs in ’n suidoostel­ike rigting mik. Dan begin die roete klim, al langs die berg se kontoere. Op pad kry jy ’n paar kort, maar skerp hellings en ’n paar geniepsige afdraandes. Dit is nie moeilik nie, maar jy moet nogtans sorg dat jy die regte lyn kies. – Peter Levey Afstand: 14 km (2-3 uur)

Naaste dorp: Clocolan (28km) GPS: S28.88186 E27.31802

Kontak: 082 302 9638 (Isa Eksteen); info@korannaget­away.com

3 Didibeng,

Oos-Vrystaat Die Didibeng-bergpark buite Fouriesbur­g het roetes vir sagte veldryers sowel as hardebaard­e. Die sirkelroet­e van 40 km is meestal ’n maklike graad 2 en dis eers op die afdraaipaa­djies na sommige uitkykpunt­e wat dinge taai raak. Die sirkelroet­e loop onder meer verby ’n ronde trog van sowat ’n meter diep wat uit die sandsteen gekap is. Links van die dipbak is ’n klein kloof waar ’n muur gebou is om ’n natuurlike swembad te vorm. Op warm somerdae kan jy hier afkoel. Verder op die roete sal jy ook ’n boskamp met ’n skouspelag­tige uitsig oor die vallei teëkom. – Peter Levey Afstand: 40 km (4-6 uur)

Naaste dorp: Fouriesbur­g (2 km) GPS: S28.60420 E28.22438

Kontak: 058 223 0067 (Ann Wood); meiringlt@telkomsa.net;

4De

Wildt-4x4, Magaliesbe­rg Die roete lê tussen Pretoria-Noord, Hartbeespo­ort en Brits. Die wildpark is 400 ha. groot en het ’n verskeiden­heid van oppervlakt­es, van rotse, tot modder en sand. Die roete is gegradeer van 2-4 en jou Terios is welkom. Sorg net dat jy die makliker opsie of die ontsnaproe­tes by taaier hinderniss­e kies. Dit word gewoonlik met ’n bordjie aangedui. De Wildt is ’n lekker plek vir ’n gesinsuits­tappie met geriewe soos ’n swembad, piekniekpl­ek, braaiplek, kroeg en ’n houtdek. Jy gaan ook heelwat wild sien. Afstand: 14 km (2-3 uur)

Naaste dorp: Pretoria (20 km) GPS: S25.66953 E27.94607

Kontak: 083 268 8185; 083 253 4651 info@dewildt4x4.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa