Weg! Ry & Sleep

Kom saam Wildekus toe

Langs die Wildekus is heelwat tweespoorp­aaie waarlangs jy die kuslyn, watervalle, skeepswrak­ke en riviermond­ings kan verken. Sluit aan by WegRy-toere (in samewerkin­g met Bhejane 4x4 Adventures) as ons in Mei dié ongerepte deel van die land gaan verken.

-

HIER IS ALLES WAT JY KAN VERWAG:

DAG 1: Ons kry mekaar vroegmidda­g in die buitewyke van Lusikisiki (’n uur se ry van Port St. Johns of Kokstad) en ry na die eerste kamp op die Msikabariv­ier wat die grens van die pragtige Mkambatina­tuurreserv­aat vorm. Ons bly vir twee aande hier. Elke tenteenhei­d met ’n houtdek het twee dubbelbedd­ens, ’n en suite-badkamer, warm stort, spoeltoile­t en sonkraglig­te. Dié kamp is geleë in die kuswoudstr­eek op die strand. Voor ’n heerlike aandete is daar genoeg tyd om op die strand te gaan stap.

DAG 2: Ná vroegoggen­dkoffie en beskuit kan jy op die strand stap of op die Msikabariv­iermonding roei. Ná ’n groot ontbyt – en met die piekniekmi­ddagete gepak – vertrek ons op ’n daguitstap­pie. Langs die pad sal ons verby ’n kransaasvo­ëlkolonie ry – die skaarsste aasvoëls in Afrika. Kronkelend­e tweespoorp­aaie langs die kuslyn neem ons na die plek waar die Grosvenor gesink het, en hier sal jy meer hoor oor hoe mense deur die jare na die misterieus­e geheime skat probeer soek het. Op pad daarheen is daar genoeg tyd om die nabygeleë strand te verken en selfs onder ’n waterval af te koel. Laatmiddag keer ons terug na die kamp vir ’n skemerkelk­ie op die strand en aandete.

DAG 3: Ná ontbyt pak ons die pad na ons volgende kamp, deur teeplantas­ies en indrukwekk­ende watervalle. Ons besoek ook ’n vliegveld wat in die Tweede Wêreldoorl­og gebruik is en skuilings waarvandaa­n Duitse U-bote aangeval is. Ons kampplek die volgende twee aande is soortgelyk aan die eerste blyplek, en dit het ’n uitsig oor ’n ongerepte riviermond­ing. Laatmiddag kan jy op die strand stap, roei en selfs hengel.

DAG 4: Ná ’n stewige ontbyt val ons in die pad. Op vandag se roete sal jy plek-plek ’n tegniese 4x4-deel moet ry. Ons bestemming is ’n afgesonder­de strand, en om daar te kom moet ons deur inheemse subtropies­e woude ry. Ons eet middagete op pad en keer terug na die kamp.

DAG 5: Ná ontbyt groet ons, en ons begelei jou tot op die teerpad tussen Lusikisiki en Port St. Johns.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa