Weg! Ry & Sleep

4x4-professor

-

Krag vs. wringkrag Kom ons begin voor, by die enjin. Die enjin draai die krukas deur die suiers wat pomp. Die krukas draai die ratte in die ratkas deur die koppelaar en dit draai dan die voorste of agterste as deur nog ’n dryfas. Die wiele word dan deur ’n ewenaar op hierdie as gedraai.

In hierdie verduideli­king word wringkrag en krag nie genoem nie. Dis verwarrend­e konsepte waarop ratverhoud­ings, enjinspoed en weerstand ook ’n invloed het.

As ons dus in die volksmond praat van “krag”, verwys ons nie na die krag (kW) wat die enjin genereer nie, maar die wringkrag (Nm) of draai-krag ( rotational force) wat die enjin op die dryfas uitoefen om die wiele te draai.

Die krag word ook nie altyd gelyk verdeel tussen die asse nie. Die wringkrag word eerder na die verskillen­de wiele of asse versprei of oorgedra om daar toegepas te word.

Maar waar sit die ewenaar?

Die groot verskil tussen heeltydse en deeltydse 4x4’s is tussen die ratkas en die asse wat aangedryf word.

’n Deeltydse 4x4 het ’n oordragrat­kas wat meganies of elektronie­s gesluit kan word. Vir normale padomstand­ighede word net twee wiele aangedryf, maar wanneer jy die oordragrat­kas sluit, word die wringkrag na al vier wiele versprei. Dit word ’n oordragrat­kas genoem omdat dit die wringkrag van die enjin na die asse oordra en nie verdeel, soos mense in die algemeen aanvaar nie.

’n Heeltydse 4x4 het weer ’n middelste ewenaar wat die wringkrag die hele tyd tussen die voor- en agterwiele versprei, maar nie noodwendig in gelyke dele nie.

Dit versprei die wringkrag soos dit nodig is, na gelang van onder meer die bandgreep en die padoppervl­ak, en of die kar in ’n reguit lyn ry of nie.

In veldrytoes­tande kan die middelste ewenaar gesluit word om die wringkrag in ’n vaste 50:50-verhouding na albei asse te versprei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa