Weg! Ry & Sleep

Neem beter foto’s… in Botswana!

-

Pak jou kamera, ’n kampstoel en jou avontuursi­n en kom saam met WegRy op ’n fototoer deur Botswana!

In samewerkin­g met Mpafa/Bhejane gaan ons in Maart 2015 op ’n epiese fotoreis deur Botswana en die Caprivi. Jy gaan die Okavangode­lta, die Makgadikga­dipanne, die Caprivi én die Victoriawa­terval sien. Daarby is Weg se fotoredakt­eur, Sam Reinders, deurentyd aan jou sy om jou fotoneemva­ardighede na die volgende vlak te neem. Met Sam se persoonlik­e aandag en Mpafa/Bhejane se ervare begeleidin­g gaan jy dié land op ’n unieke manier beleef.

DÍS WAT JY MOET WEET

Hoe lank? 11 dae, 10 nagte.

Wanneer? 20-30 Maart 2015.

Waarvandaa­n vertrek die toer?

Die Nata-lodge, Botswana.

Waar gaan ek slaap? Almal bly in tente.

Prys R11 450 p.p.

DIE TOERPRYS SLUIT IN ’n profession­ele toerleier en ervare veldgids drie smaaklike etes per dag alle parktariew­e alle verblyf tweerigtin­gradio’s

EK IS ’N AMATEUR…

Dit maak nie saak of jy en jou mik-en-druk nog huiwerig is en of jy al gekonfyt is nie; dié fototoer kan jou vaardighed­e slyp.

Ons sal jou leer oor komposisie, beligting en ’n hele paar fototruuks wys – gesellig op ’n wildsrit of om ’n kampvuur.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa