Weg! Ry & Sleep

WAT JY MOET WEET

-

HOEKOM MOET EK GAAN?

Dis ’n lekker plek waar die hele gesin kan ontspan. Daar is hope wild en die roetes is graad 3-4.

OP DIE ROETE

Hoe lank is die roetes? 35 km in totaal; 4 uur of meer. Maksimum aantal voertuie? Geen beperking. Kry ek ’n kaart? Ja. Sal my kar gekrap word? Nie as jy versigtig is nie. Moet ek die treeplanke verwyder? Beslis. Moet ek die kompressor saamvat? Ja. Kan ons langs die roete braai? Nee. Kan ek halfpad omdraai? Ja, op verskeie plekke langs die pad. Sal ons wild sien? Ja, kyk uit vir koedoes, elande, wildebeest­e en sebras.

OM DIE ROETE

Beste tyd om te gaan? Deur die jaar. Kan ek my gesin saamvat? Beslis. Net vir die dag of ’n hele naweek? Naweek (geen dagbesoeke­rs word

toegelaat nie).

Wat kan ek nog hier doen? Wildritte, visvang (bring jou eie aas),

bergfietsr­y, stap en voëlkyk.

Die naaste dorp en vulstasie? Mookgophon­g (50 km). Hoe kom ek daar? Neem die N1 noord vanaf Johannesbu­rg/Pretoria na Polokwane en ry deur die Kranskop-tolhek. Ry ’n verdere 32 km en neem die afrit na Naboomspru­it/Mookgophon­g (R101, Roete 298). Ry 8 km na Mookgophon­g en draai links by die tweede verkeersli­g op die dorp (die R520). Ry 11 km op die pad tot jy by ’n T-aansluitin­g uitkom. Draai links en ry 150 m, draai dan regs by die Marken-teken. Ry 25 km op die teerpad totdat dit ’n gruispad word. Ry nog 6 km verder tot by die Ubumanzi-hek en volg die padtekens na Ubumanzi.

GPS-koördinate vir die afdraaipad: Word deur die lodge verskaf sodra jou

bespreking bevestig is.

VERBLYF

Agt kamers bied verblyf vir tot 24 gaste. Beddegoed en handdoeke word verskaf en etes kan bestel word. Daar is ook ’n groot boskamp met basiese geriewe (geen krag of warm water).

KOSTE

Roete: R150 vir die naweek as jy kampeer, gratis as jy in die lodge

bly.

Lodge: Pryse vanaf R650 per persoon per nag wat deel (ontbyt, wildrit en staptog in die bos ingesluit) tot R990 (etes, 1 wildrit en 1 staptog per dag ingesluit)

Kampering: R150 per persoon per nag

KONTAK

Helga Nel 082 448 6290; helga@ubumanzi.co.za Liesl Ansley 082 451 2155; liesl@ubumanzi.co.za

www.ubumanzi.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa