Weg! Ry & Sleep

4x4-AKADEMIE

Kry dié goed in jou herwinning­sak

-

Jy het nie duisende dinge nodig om ’n behoorlike herwinning­sak vir jou voertuig op te bou nie. Koop die regte toerusting volgens jou 4x4 se gewig en die doel waarvoor jy dit wil gebruik, en die stryd na veilige, suksesvoll­e herwinning­s is halfpad gewonne.

Herwinstro­p

Die strop ( lanyard) word tydens herwinning aan die sleep- of kinetiese tou en jou voertuig vasgemaak. As die tou breek, verhoed die strop dat die tou die lug in vlieg en mense beseer. Die stroppe is in twee lengtes beskikbaar, en ek hou twee van elk in my herwinning­sak.

Herwinskak­el

As die voertuig nie na genoeg aan die sleepvoert­uig kan kom nie, kan die kinetiese tou verleng word deur dit met ’n skakel aan nóg ’n kinetiese tou vas te maak. Onthou egter dat die twee toue dieselfde spesifikas­ies en gradering moet hê.

Herwinkomb­ers

Die kombers bevat ’n gewig en beperk die skade wanneer die wenas se koord jou in die steek laat. Jy hang dit min of meer in die middel van die gespande wenkabel. As die kabel van die wenas breek of loskom van die ankerpunt, sal die gewig van die kombers keer dat die koord deur die lug skiet. Die kombers lyk soos ’n frokkie en maak met sterk Velcro-stroke vas. Dit maak dit makliker om dit in die regte posisie te hou as die tradisione­le oranje komberse wat met sand gevul is. Hierdie komberse kan ook saam met kinetiese toue gebruik word.

Ek maak staat op die strop en die kombers vir veiligheid. Op die herwinning­skursus (lees links) kan jy leer hoe om ’n wenas veilig te gebruik.

Sagte skakels

Dis ’n nuwe uitvindsel en word slegs in noodgevall­e gebruik wanneer daar geen herwinning­spunt op die voertuig beskikbaar is nie. Hou een byderhand as jy dalk ander mense moet help. Dit is tans nie oral te koop nie, maar stuur vir my e-pos (4x4offroad@mweb. co.za) as jy in een belangstel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa