Weg! Ry & Sleep

GPS-GHOEROE

Nóg idees vir jou Kerskous!

- DEUR JOHANN GROENEWALD

Ek skryf hierdie artikel vanaf my kampplek op die Chobe-rivier. Ek het op hierdie reis net weer besef hoe belangrik inligting aan toeriste is. Kaarte, navigasie- en naslaangid­se is alles baie welkom en sekere elektronie­se toerusting kan dit aanvul.

Toerusting by dosyne

Op my paneelbord het ek ’n Garmin Montana, ’n iPad Mini, ’n slimfoon en ’n SPOTsatell­iet-opspoorder. Onder die paneelbord is my voertuig se opspoortoe­stel wat my ligging via ’n GSM-netwerk bepaal.

Ek verkies om ’n GPStoestel vir my navigasie te gebruik. Jy kry deesdae baie goeie navigasie-apps op slimfone, maar ek verkies my Garmin Montana. Dis ’n taai GPS-eenheid wat vir die buitelewe gemaak is, en bevat meer inligting oor paaie en bakens langs die pad. Boonop kan ek beter op die skerm sien.

My iPad Mini is lekker vir naslaan-apps. My Tracks4Afr­ica is daarop gelaai, wat beteken dat ek myself daarop kan oriënteer net soos met ’n papierkaar­t, maar met al die voordele van ’n digitale produk.

Jy kan ook ’n app soos MotionX op jou iPad gebruik, wat jou toelaat om verskillen­de kaarte en satellietb­eelde af te laai – baie gerieflik as jy op plekke reis waar gewone kaarte vir jou van min waarde gaan wees.

Ek het ook apps op my iPad wat ek gebruik as ek na voëls of sterre kyk, wat beteken ek hoef nie groot reisgidse saam te dra nie. Ek neem ook foto’s van die park se kaart by die ontvangska­ntoor daarmee, wat ek as ’n basiese kaart tydens my besoek gebruik.

Lewensredd­ers

Die SPOT-opspoormid­dels is taamlik nuut op die mark. Oorsee is dit al goed gevestig, maar hulle satellietd­iens is eers onlangs na Afrika uitgebrei. Dis ’n relatief goedkoop toestel waarmee jy jou GPS-ligging via ’n satelliet na ’n sentrale stelsel stuur sodat mense weet waar jy is. Dit het ook ’n “Help”-funksie waarmee jy in noodgevall­e e-posse of SMS’e kan stuur.

Ek gebruik my slimfoon hoofsaakli­k vir kommunikas­ie en ’n paar foto’s op vakansie. Maar ek het ’n foon wat ’n plaaslike SIM-kaart in verskillen­de lande kan gebruik. Dan kan ek in kontak bly met mense via Whatsapp, SMS en e-pos, veral in noodgevall­e. Ek laai ook my kaart- en navigasie-apps op my slimfoon vir in geval iets met my iPad gebeur.

Elkeen sy eie punt

Soos ek al vantevore in hierdie rubriek genoem het, verkies ek RAM-monterings vir al my toestelle. Elke toestel het sy eie RAM-montering, wat dit veilig in die voertuig hou. Onthou ook dat al hierdie toestelle krag nodig het, meestal deur USBsokke. As jy dus oorweeg om nuwe “speelgoed” vir Kersfees aan te skaf, maak seker jy het genoeg USB-sokke in jou voertuig.

Ek het Blue Sea-USBsokke in my ryding se kajuit laat installeer. Dit laai van die hoofbatter­y af en elkeen het sy eie sekering.

Ek het ’n USB-sok in elke hoek van die kajuit laat aanrbing, sodat ek my passasiers gelukkig kan hou. Dit help nie jou tablet en GPS werk wonderlik in die voertuig, maar jou kinders is dikmond omdat hulle nie kan fliek kyk nie!

My iPad Mini is lekker vir naslaanapp­s. My Tracks4Afr­ica is daarop gelaai, wat beteken ek kan myself daarop oriënteer net soos met ’n papierkaar­t.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa