Weg! Ry & Sleep

Ry Mad Max se duine!

Ry duine soos

- FOTO’S EVAN NAUDÉ

Dit is min dat ’n mens die kans kry om op ’n Hollywood-filmstel te gaan ry met jou 4x4, maar aan die Namibiese weskus is daar ’n plek waar jy juis dit kan doen.

Die duine aan die weskus van Namibië is van die hoogste ter wêreld. Wanneer jy in dié landskap ry, met ’n ikoon soos Duin 7 in jou spieëls, voel dit kompleet of ’n kaalkop Charlize Theron enige oomblik agter ’n duin uit die fliek MadMax:FuryRoad aangejaag gaan kom. As jy dus op soek is na jou eie duine-avontuur waar jy soos ’n filmster kan rondjaag, maar darem teen vanaand weer in ’n gemaklike bed kan slaap, is hierdie die plek vir jou.

Vaar die duine in

Tussen Swakopmund en Walvisbaai lê daar ’n strook duine – 32 km lank en 6 km breed – wat die Atlantiese Oseaan van Namibië se binneland skei.

Dit is een van die min plekke waar die Namibiese regering jou toelaat om na hartelus in die duine rond te ry. En boonop gratis.

Hierdie is nie ’n “tradisione­le” roete waar jy van punt A na punt B met ’n vasgesteld­e spoor ry nie. Dit is immers duin op duin en hier waai voertuigsp­ore vinnig toe. Jy kan dus jou eie roete en hinderniss­e in die sand kies.

Die duine bied ’n hele paar opsies. Jy kan uit Swakopmund wegspring en tot by Duin 7 in Walvisbaai ry, of andersom.

Langstrand lê min of meer halfpad tussen dié stede, dus kan jy ook jou roete daar eindig of begin. En as jy nie tyd of lus het vir lang ure in die sand nie, kan jy net ’n vinnige draai gaan ry by elkeen van dié drie ingangspun­te en weer by dieselfde punt uitkom.

Die volle roete tussen Walvis en Swakop kan jou ’n hele dag besig hou, daarom is dit ’n goeie idee om vroeg weg te spring. Die sand raak vuurwarm namate die son hoër klim, en bak die sand losser. Dit maak die terrein moeiliker om te oorwin en verhoog jou kanse vir vassit.

So, staan lekker vroeg op, pak ’n piekniekma­ndjie, genoeg water, sonroom en iets vir skaduwee as jy vir middagete wil uitspan, en vat die pad na die duinpretpa­rk. O ja, en onthou skoene of plakkies, want hier loop selfs die akkedisse met tekkies rond. Los ook maar die alkohol tuis, want hier moet jou konsentras­ie vlymskerp wees. Buitendien, die kroeg by Dune7 Adventures het yskoue bier wat regstaan nadat jy klaar gery het.

Wees voorbereid

Al is hierdie hoërgraadd­uine, is daar nogtans iets vir elke ondervindi­ngsvlak. Tensy jy hoogs ervare is in duinry, moenie alleen gaan nie. Ry met minstens drie voertuie sodat daar genoeg hulp byderhand is as iemand vassit.

Bring ’n graaf en sandlere, sowel as ’n kinetiese tou as jy kan (solank iemand in jou groep weet hoe om dié toerusting te gebruik).

’n GPS is noodsaakli­k as jy nie ’n gids of vriend by jou het wat die duine goed ken nie. Hoe dieper jy in die duine in ry, hoe meer begin alles dieselfde lyk en dis maklik om te verdwaal.

’n Banddrukme­ter en ’n kompressor is noodsaakli­k. Blaas jou wiele af tot ten minste 1,2 bar voor jy die sand tref en kyk hoe jy vorder. Afhangende van jou voertuig mag dit dalk nodig wees om so laag as 0,5 af te blaas om genoeg traksie in die los sand te kry (onthou net, moenie skerp draai met pap bande nie, hulle klim makliker van die vellings af).

Meer ervare bestuurder­s mag ook verkies om hulle vering effens harder te stel sodat die voertuig minder wankel.

Bring ’n ordentlike sonbril, verkieslik gepolarise­erd. Wanneer die son hoog sit, is die refleksie op die sand so helder dat dit moeilik raak om afstand te skat en holtes of die kruin van duine raak te sien. Dinge is nie altyd soos dit lyk nie. Daar is op baie plekke geen skaduwees nie en jy mis maklik ’n gat in die sand.

Die heel belangriks­te is egter om binne jou vermoëns te bestuur. Begin met klein duine, kyk hoe jou voertuig homself gedra en bou jou selfvertro­ue voor jy groter hinderniss­e takel.

Hou jou voertuig te alle tye reguit teen ’n duin op of af, want ’n voertuig wat begin dwars dryf, rol maklik.

Wees versigtig vir die glyvlakke ( slipfaces) – duine met ’n helling van sowat 32°. Hierdie hellings vorm aan die teenoorges­telde kant van waar die wind ’n duin tref en 32° is die maksimum hoek waarteen sandkorrel­s op mekaar kan bly lê. Dit klink dalk nie so erg nie, maar 32° is ’n steil afdraand. Die sand op

dié hellings kan boonop lekker los wees en jy moet stadig afry sonder om te rem, anders sink jy weg. Dis op hierdie hellings waar jy die sogenaamde brulsand aantref – sand wat diep onder jou wiele rammel soos dit teen die duin afloop. Moenie die kamera vergeet nie! Jou eie MadMax-oomblik moet immers vasgevang word!

Iets vir almal

Benewens 4x4-ry is daar hope ander trekpleist­ers in hierdie deel van die land wat dit ’n gesogte vakansiebe­stemming maak. Jy het die see in jou voortuin en ’n duineparad­ys in jou agterplaas.

Benewens 4x4-roetes is daar ander maniere om in die duine te baljaar – daar is kwadfietse en sandplankr­itte by Swakopmund, Langstrand en die ingangspun­te na Duin 7. Om tot op die kruin van die bekende Duin 7 te stap is opsigself iets vir die emmerskopl­ys. Kyk of jy dit vinniger as die rekord van 2:43min van onder tot bo kan doen!

Gooi ook ’n draai by Pelican Point vir ’n ander uitsig oor Walvisbaai en bekyk die hordes robbe wat in die son lê en bak. As jy hou van hengel, kan jy gerus jou visstok hierheen bring.

 ??  ??
 ??  ?? STOFWOLKE (heel bo). Dit is belangrik om momentum te behou in die sagte sand.
STOFWOLKE (heel bo). Dit is belangrik om momentum te behou in die sagte sand.
 ??  ?? GLY-GLY (links). Die glyvlakke van sekere duine is erg steil – vat dit stadig na onder.
GLY-GLY (links). Die glyvlakke van sekere duine is erg steil – vat dit stadig na onder.
 ??  ?? HELP ’N BIETJIE (bo). Ry met meer as een voertuig sodat daar hulp naby is as jy vassit.
HELP ’N BIETJIE (bo). Ry met meer as een voertuig sodat daar hulp naby is as jy vassit.
 ??  ?? EPIES. Hierdie is ’n onvergeetl­ike dag in die sandput!
EPIES. Hierdie is ’n onvergeetl­ike dag in die sandput!
 ??  ?? SPEELPLEK (bo). Die duine rondom Duin 7 is ’n 4x4-entoesias se droom.
SPEELPLEK (bo). Die duine rondom Duin 7 is ’n 4x4-entoesias se droom.
 ??  ?? DIE SANDSPESIA­LIS (regs). Werner Schaap van Opposite Lock in Swakopmund ken dié duine soos die palm vansy hand.
DIE SANDSPESIA­LIS (regs). Werner Schaap van Opposite Lock in Swakopmund ken dié duine soos die palm vansy hand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa