Weg! Ry & Sleep

In die spore van die Schutztrup­pe

Noord-Mosambiek

-

Dit het laat een aand begin met ’n flenters kaart van Oos-Afrika uit 1920 terwyl ek eintlik moes swot. Die opgevoude kaart was ’n inlas uit die boek HeiaSafari, wat vir die grootste deel van 30 jaar in ’n skoenboks gelê het, saam met ’n klompie ander boeke van my oorlede oupa.

’n Rooi lyn wat soos ’n dronk slang deur dele van Mosambiek, Tanzanië en Zambië kronkel, het my aandag getrek. Dit vertel die storie van die Duitse generaal Paul von Lettow-Vorbeck en sy Schutztrup­pe (letterlik: beskerming­smagte) wat 100 jaar gelede die Britse, Portugese en Belgiese leërs raadop gehad het.

Twee maande later stoom ek, my vriend Gericke Conradie en my 24 jaar oue Hilux noord op die Estrada Nacional 1. Binne vyf dae is ons op langs die Zimbabwies­e grens en gly ons deur Tete na Suid-Malawi.

Op die grenspos by Chiponde ervaar ons min probleme en sit ons kort daarna met twee 2M’s in Mandinba by ’n “restaurant” op die plein. Terwyl ons aan die louwarm bier sit en teug, merk ek op die ou wat oor die plein aangeloop kom met twee fladderend­e hoenders, lyk merkwaardi­g soos die een in die kombuis. Maar 30 minute later sit hy stomende borde rys en peri-perihoende­r voor ons neer.

Daarna stoom ons noord in die rigting van Lichinga, die hoofstad van die Niassaprov­insie. Die eerste eilandberg­e troon uit bo die bos en die geologie laat my dink dat die Skepper hier tegelyk in ’n goeie én slegte bui was.

Estrada 249 vat ons noord deur vooroorlog­se denneplant­asies, dan klim ons ’n hele klomp meter tot by Lichinga, waar ons brandstof ingooi. Daar is nie veel wat jy kan oplees oor die gebied nie, dus luister jy maar goed as die locals praat. Dis nie lank nie of ons beland in ene Keith se kantoor. Ons kaarte lê oop op sy lessenaar en sy raad is tien keer meer werd as enige reisgids s’n.

Plaas toe

Net buite Lichinga word die pad al hoe smaller en die verkeer verdwyn amper heeltemal sodra die grondpad begin. Dan is dit net osse en fietse. Net voor Metangula blink die Niassa-meer soos ’n spieël in die middagson.

Dis ’n nuwe wêreld vir ons. Eers ry jy rustig deur die bosse verby, dan raak die wêreld bergagtig. Die laaste paar kilometers voor Cobue word die pad ’n grondpadbe­rgpas waar die bakkie suutjies moet trap.

Die dorpie Cobue het nie veel om oor huis te skryf nie, maar Keith het ons lus gepraat vir Likoma-eiland, ’n kilometer of wat noordwes van die dorp in die meer. Hy het beloof die eiland bied mooi strande, koue bier en oorsese meisies wat ’n ruskans wil neem van hulle liefdadigh­eidswerk in Malawi.

Die prosedure is mooi aan ons verduideli­k: Jy soek drie mense in Cobue: die

immigrasie­beampte vir jou stempel, die groot visserman vir die bootrit en die eienaar van die sjebien om na die bakkie te kyk terwyl jy op Likoma se strand lê.

Ons kry hulle al drie voor die sjebien op boomstompe, elk met ’n bottel in die hand. Voor jy kan sê “dois Laurentina Premium, por favor”, is ons op die visserman se ou houtskuit.

Waar’s die girls?

Op Likoma aangekom kan ons glad nie die (enigste) immigrasie­beampte op die eiland opspoor nie en gaan ons maar direk na ons slaapplek, Mango Drift. Daar huiwer die kroegman nie toe ons hom vra vir twee koue Carlsbergs nie, want voor hom staan twee ouens wat 14 dae en 5 000 km laas ’n koue bier gesien het.

Keith se welsynsmei­sies is nêrens te vinde nie, maar ons ontmoet ’n lekker groepie Suid-Afrikaners. Die gees loop tot vroeg in die oggendure onder die kroeg se groot mangoboom.

Die volgende dag verken ons die eiland en soek die immigrasie­beampte – deur markpleine, oor koppies en verby die lughawe tot by ’n pragtige katedraal wat op die hoogste punt van Likoma oor die eiland troon. Soos een van die ouderlinge (klem op óúd) met sy Britse aksent ons deur die gebou lei, voel dit skielik meer soos Manchester as Malawi. Veral met die koor wat “Nearer, my God, to Thee” sing.

Teen dag drie kry ons uiteindeli­k die eenmangren­spos op die markplein. Ons praat mooi om ’n in- en uitreisste­mpel te kry, maar die man dreig om ons te

’n Klein skare het al begin saamdrom teen die tyd dat die ‘boeliekraa­t’ ons paspoorte uit sy aktetas haal en met ’n suur gesig stempel.”

arresteer. Ons raak toe ewe hardekwas en die resultaat is dat ons drie uur in hutarres deurbring saam met ’n 80-jarige polisieman in volle paradeunif­orm. ’n Klein skare het al begin saamdrom teen die tyd dat die “boeliekraa­t” ons paspoorte uit sy aktetas haal en met ’n suur gesig stempel.

Kersfees in Mosambiek

Ons besef skielik dis al 24 Desember (dis seker hoekom die burokraat vir ’n Kersgesken­k geskimp het!). Ons volgende plan is om die Ruvuma-rivier naby sy oorsprong in die grensgebie­d met Tanzanië te bekyk. Daai aand slaap ons by ’n sendingsta­sie op die piepklein Sanga, noord van Metangula, en die aandete is ’n feesmaal.

Dis tyd vir stil word op Kersdag soos ons noord drentel na die Tanzaniese grens, op ’n pad wat nog nie op baie kaarte verskyn nie. Ure lank ry ons deur die bos en kyk in die eindelose groen in, stiller as die dood.

Terwyl ons ’n Kersmaal van vars pao’s met lekker olierige grondboont­jiebotter en ’n knippie sout geniet, ry ons die dorpie Congresso binne. By die grenspos los ons ons paspoorte op die toonbank, wat ons die reg gee om halfpad oor die brug na Tanzanië te stap. Die plan was om ’n paar Tanzaniese biere te koop, maar ons kon nie eens Mosambieks­e biere in dié geweste kry nie. En van ys het nog niemand gehoor nie.

Dis weer tyd om op die Duitsers se spoor te kom waar hulle tussen 1917 en 1918 gereis het, en die ou kaart word met sorg uitgepak. Daar is ’n boer noord van Chiconono, sowat 300 km suid van Congresso,

wat ons wil opsoek. Dit lyk asof die oorlog destyds deur dié gebied spore gemaak het.

Die pad na sy plaas word dunner en dunner, maar uiteindeli­k bring ’n kronkelpaa­djie ons tot by die plaashuis. Ons slaap die aand by oom Louis Geldenhuys en sy vrou Almut oor. Die volgende oggend vertrek ons met mae vol moerkoffie en boerbeskui­t, en ’n klomp nuwe kennis oor die oorlog. Oom Louis, ’n SuidAfrika­ner, stel net so baie belang in die Duitsers (Almut is in Oos-Duitsland gebore) en hy is wel belese oor hulle tyd in Afrika. Hy’t ons selfs gevat om ’n deel van die mees waarskynli­ke roete wat die Duitsers deur sy grond gevolg het, te loop.

So 10 km voor Cuamba sien ons die eerste ware oorblyfsel­s van die oorlog – Russiese T-34-tenks met rooi geroeste pantser. Daarna sien ons seker nog die geraamtes van 30 ander tenks.

Verder suid in Gurue se Hotel Monte Verde sweet ons yskoue bier amper net so veel soos ons terwyl ons weer die kaart bekyk. Ons besef dis al amper die 31ste en besluit om die nuwe jaar op Ilha de Moçambique langs die Indiese Oseaan te groet.

Ilha is lekker bedrywig en die argitektuu­r in die nou strate getuig van die dae toe die eiland hoogty gevier het as die hoofstad van Portugees Oos-Afrika. Ons kry die laaste bed op die eiland by Casa Ruby, ’n heerlike backpacker­s wat tot in die fynste detail histories korrek gerestoure­er is. Ons kuier die aand in die kroeg om, maar die hitte en muskiete het my teen sonop reeds wakker.

Tjeers, tjom!

Twee dae later sit ek op die patio by Nampula-lughawe en kyk hoe Gericke se stralertji­e (niks groter as ’n bus nie) in die verte oor die palmbome verdwyn. Die bakkie voel soos ’n leë huis waarin die enigste ander familielid gesterf het. Maar ek trek my grootseunv­ellies aan, kyk weer na die kaart en kies koers na daar waar ek wil wees: Verder noord!

Op Pemba vat ek ’n blaaskans, was klere, bekyk die bakkie van voor tot agter deur en pak my huis reg. Maar my voete jeuk gou weer vir Tanzanië, of DeutschOst Afrika, om die Duitsers se spoor te volg.

Op die pad noord kry ek ’n klein monument buite Mueda van ’n soldaat met ’n geweer, uit hout gesny. Eers dink ek dis een van die talle Frelimo-huldeblyke wat ’n mens hier sien, maar toe ek mooi kyk, sien ek die soldaat dra ’n ou Mauser en ’n kakie- uniform sonder skoene. Die meeste van die verf het al afgedop, maar die houtfiguur kyk my in die oë soos ’n spook. ’n Warm gevoel gly oor my hart en ek weet ek is steeds op die Duitsers se pad (al is dit 100 jaar later!). Etlike kilometers later steek ek die Ruvuma-rivier op die brug by N’gomano oor, want dis hier waar die Duitsers 100 jaar gelede ’n Portugese fort oorrompel het.

’n Laaste (lang) draai

Die ou Duitse kaart het my nog tot by Dar es Salaam gevat, waarna ek die rooi lyn wes gevolg het na Iringa en Matema aan die oewer van die Malawi-meer. Daarna is ek deur na die oewers van Tanganjika-meer en die Kalambo-valle tussen Tanzanië en Zambië, waar die Duitsers ook piekniek gehou het.

Die reis het seker “amptelik” so entjie suid van Kasama in Noord-Zambië geëindig. Dis waar die Britte uiteindeli­k vir Von Lettow en sy makkers kon kry om hulle in kennis te stel dat die oorlog al twee weke vroeër geëindig het, en dat hulle nou maar kan ophou baklei.

En nou? Nou sit ek in Duitsland, waar ek al vir ’n ruk werk en skryf aan hierdie storie terwyl die koue reën buite val. Nou en dan, as ek wil terugkeer na die bos van Noord-Mosambiek, sit ek al die ligte af, speel my langpadmus­iek en drink ’n louwarm Carlsberg terwyl ek op die vloer sit en glimlag.

 ??  ??
 ??  ?? DIS HOE ONS ROL. Só het Christian gekamp: Sonder yskas, gazebo of enige ander luukshede.
DIS HOE ONS ROL. Só het Christian gekamp: Sonder yskas, gazebo of enige ander luukshede.
 ??  ??
 ??  ?? ’N KOUETJIE VIR DIE GENERAAL ( bo). ’n Kaart uit dié boek was Christian se inspirasie vir sy groot Afrika-reis. PLESIERBOO­T (links). Die “hawe” op Likoma-eiland, met Kaptein Ernesto aan die stuur.
’N KOUETJIE VIR DIE GENERAAL ( bo). ’n Kaart uit dié boek was Christian se inspirasie vir sy groot Afrika-reis. PLESIERBOO­T (links). Die “hawe” op Likoma-eiland, met Kaptein Ernesto aan die stuur.
 ??  ?? Christian Schlotfeld­t is ’n Rustenburg­er wat tans in Alpen, naby Düsseldorf in Duitsland, woon. Hy werk vir Lemken,’ n landboumas­jienvervaa­rdiger.
Christian Schlotfeld­t is ’n Rustenburg­er wat tans in Alpen, naby Düsseldorf in Duitsland, woon. Hy werk vir Lemken,’ n landboumas­jienvervaa­rdiger.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa