Weg! Ry & Sleep

Teëspoed in die bos?

Só maak jy as dinge skeefloop

-

As die stories begin loop oor ’n voertuigmo­del wat die einde van sy leeftyd bereik, moet jy nie net luister vir nuus oor die nuwe model nie, maar ook vir spesiale aanbieding­s op die ou model. Want sommige van dié pakkette is erg aanloklik, soos die Mitsubishi Pajero Sport Shogun.

Met die nuwe Pajero Sport wat volgende jaar beskikbaar is, het Mitsubishi koppe met die bekende Australies­e vervaardig­er Opposite Lock bymekaar gesit en ’n ekspedisie­weergawe – die Shogun – bekendgest­el.

Die Shogun is ’n gepimpte weergawe van die vlagskip Pajero Sport. En op dié veldryer kry jy die volgende by: Tough Dog-skokbreker­s, stofpad-pensplate, rots- glystawe en treeplanke, Yokohama Geolander-veelterrei­nbande, ’n snorkel, verwyderba­re sleepstang, rubberlaai­ruim-beskerming en ’n Frontrunne­r-dakrak.

Onder die enjinkap

Die Shogun het dieselfde 2,5 liter-turbodiese­l-enjin en vyfspoed-outomaties­e ratkas as die standaardm­odel. Met 131 kW en 350 Nm wringkrag het jy dus genoeg krag vir veldry.

Mitsubishi Australië het baie tyd saam met Tough Dog spandeer om die regte skokbreker­s vir die Shogun te kies – en die beste kombinasie was uiteindeli­k ’n skokbreker gemaak vir ’n 60:40-verhouding tussen veldry en teerpad. Die skokbreker­s (waarvan die agterstes verstelbaa­r is) hanteer die ekstra gewig op die Shogun sonder moeite, maar bied steeds genoeg gerief dat jou stopsels nie op ’n grondpad uitskud nie.

Agter die stuur

Mitsubishi se unieke Super Select-vierwielst­elsel laat jou kies tussen 4x2, deeltydse en heeltydse 4x4 en laestrek, met ’n agterste ewenaarslo­t.

Ons het ’n hele naweek van teer, grond en graad 5-hinderniss­e gehad om die Shogun se persoonlik­heid te leer ken, en hy het homself bewys as ’n gemaklike langpadrye­r en ’n taai, vaardige veldvoertu­ig.

Ek hou ook van die spane agter die stuurwiel waarmee jy ratte kan wissel. Dit help vir vinniger versnellin­g as jy verbysteek, en gee jou ekstra beheer in die draaie.

Binnelangs

Behalwe vir die laairuim-beskerming kry die Shogun se binneruim ook Garmin se jongste NüviCam-GPS, met Tracks4Afr­ica-veldryroet­es gelaai. Die NüviCam is ’n navigasiet­oestel, ’n dashcam en ’n padmonitor. Dit neem op terwyl jy ry en waarsku jou wanneer jy te naby aan ’n ander voertuig ry.

In die veld kan jou hom gebruik om jou roete en hinderniss­e op te neem. Jy kan selfs ’n Garmin- app aflaai en jou foon met die NüviCam koppel om reisinligt­ing te monitor.

Slotsom

Volgens Mitsubishi is al dié toerusting R70 000 werd, maar die prys van die voertuig (R514 900) bly onverander­d. Die vervaardig­er meen die Shogun is gemaak vir sowat 60% veldry en 40% teerpad. Hierdie is dus nie die soort voertuig om te koop as hy net af en toe ’n grondpad gaan sien nie. Maar as jy waarde vir geld soek, en ’n goed toegeruste veldvoertu­ig, is die Shogun jou man.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa