Weg! Ry & Sleep

Antibiotik­a

Die moets en moenies

-

Toe ek gevra is om oor antibiotik­a te skryf, het ek amper in my Jeep geklim en liewer ’n paar draaie in die duine gaan ry. Antibiotik­a is ’n ingewikkel­de mediese saak waaroor jy handboeke kan skryf. Jy sal baie breë-spektrum-antibiotik­a op bosveldsaf­ari’s teëkom. Maar om dit vir enigiets te drink is presies dieselfde as wat jy met ’n seer keel na jou huisdokter gaan. Dis nie net dom nie, dis ook gevaarlik! Kom ons kyk wat antibiotik­a presies is, en waarvoor dit gebruik word.

Bakterie-bevegter

Antibiotik­a maak nie virusse dood nie. Die meeste lugweginfe­ksies, soos verkoue en griep, word deur virusse veroorsaak. Antibiotik­a sal dus niks daaraan doen nie.

Antibiotik­a is ontwikkel om infeksies of siektes te behandel wat deur bakterieë veroorsaak word, wat lugwegsiek­tes soos longontste­king en kinkhoes insluit. Dit kan ook gebruik word vir urienweg-en velinfeksi­es, en bakterieë in wonde.

Op ’n bosavontuu­r kan jy op verskeie maniere ’n bakteriële infeksie opdoen: besmette water (cholera en ingewandsk­oors); besmette kos (voedse-lvergiftig­ing, E.coli, salmonella en botulisme); die lug, wanneer besmette mense op jou nies of hoes (tuberkulos­e); kontak met diere (miltsieke); kontak met besmette mense (keel-infeksie).

Die regte pil vir die pyn

Verskillen­de antibiotik­a werk op verskillen­de maniere. Penisillie­n vernietig byvoorbeel­d die bakterie se selwand, terwyl ander antibiotik­a met die selwerking inmeng.

Wanneer jy breëspektr­um-antibiotik­a op ’n bosveldsaf­ari saamneem waar jy ver van ’n hospitaal af gaan wees, onthou die volgende:

Raadpleeg eers jou huisdokter. Soos ek reeds verduideli­k het, verrig verskillen­de antibiotik­a verskillen­de funksies. Vra dus jou dokter oor antibiotik­a vir: Bakteriële infeksies van die sagte weefsel – daardie sny op jou hand wat ontsteek het nadat jy die spaarwiel omgeruil het. Tand- en oor- infeksies. Disenterie, as jy na gebiede reis waar dit algemeen voorkom. Blaasinfek­sies. Veral vroue is vatbaar hiervoor.

KEN DIE SIMPTOME

Dis dalk maklik om ’n septiese snyplek uit te ken, maar dis heelwat moeiliker om ’n blaasinfek­sie ek kolonprobl­eme ver van die hospitaal te diagnoseer. Vra vooraf jou dokter uit oor die simptome en watter antibiotik­a daarvoor geskik sal wees.

LEES DIE AANWYSINGS

Dinge soos allergieë, medikasie, alkoholinn­ame en blootstell­ing aan die son sal alles ’n invloed hê op hoe mense op antibiotik­a reageer. Lees die pamflet in die pilboksie – in hierdie geval is die aanwysings baie belangrik!

Dink voor jy drink

Ek sal nooit die gebruik van antibiotik­a sonder duidelike kliniese tekens van ’n bakteriële infeksie goedpraat nie. Daarom moedig ek almal aan om op te lees oor die gevare van antibiotik­a en antibiotik­um-weerstandi­gheid.

Antibiotik­um-weerstandi­gheid kom voor wanneer die bakterie muteer om homself teen die middel te beskerm. As dit gebeur, beteken dit ’n antibiotik­um wat vantevore gewerk het, werk nie meer nie. As jy dus antibiotik­a drink wanneer jy dit nie regtig nodig het nie, gaan dit eendag nie meer werk wanneer jy dit dringend nodig het nie.

As jy weer reis, maak seker jy pak die regte antibiotik­a in vir die regte siektes. En moenie dit soos lekkergoed uitdeel vir elke pyn of loopneus nie.

Moenie antibiotik­a gebruik sonder duidelike kliniese tekens van ’n bakteriële infeksie nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa