Weg! Ry & Sleep

Sien Zoeloeland!

Beleef Zoeloeland in die gemak van jou eie voertuig saam met WegRy en Bhejane.

-

ZOELOELAND

DAG 1

Ons kom om 2 nm. in die kampeerter­rein van die Ithala-wildreserv­aat bymekaar, maak ons tuis en gaan op ’n wildrit. Ithala is ’n gemaklike halfdagrit van Gauteng af en die reservaat is uniek in die opsig dat ’n mens die KwaZulu-Natalse Drakensber­ge in die hoogliggen­de dele beleef en die gevoel van die Zoeloeland­se bosveld in die valleie kry.

DAG 2

Ná ’n stewige ontbyt vertrek ons op ’n ander 4x4-roete in die reservaat. Hier kan ons wild sien, onder meer wit- en swartrenos­ters. Ons keer laatmiddag terug na die kamp.

DAG 3 & 4

Ons kies koers na die Hluhluwe-iMfolozipa­rk wat eens die jagveld van koning Shaka was. Danksy ’n projek in samewerkin­g met bewaringso­werhede kan ons in ’n private kampterrei­n op die oewer van die rivier bly en het ons ook toegang tot ’n 4x4-roete wat nie vir die publiek beskore is nie.

Dit is die middelpunt van die bewa-ringsveldt­og van die swart- en witrenoste­r. Hier hoor ons die storie van die Operasie Renoster-hervestigi­ngsprojek. Die inkomste uit hierdie eiesoortig­e veldry- en kampe- ringsgelee­ntheid gaan aan die bewaring van renosters in dié Groot Vyf-reservaat.

DAG 5

Dit is tyd om die tropiese kuslyn van Zoeloeland te verken. Ons gaan die iSimangali­so-vleiland binne en ry op ’n sanderige paadjie rondom die Sibaya-meer terwyl ons die gebied vir seekoeie en krokodille dophou. Ons roete neem ons al langs die voet van hoë, begroeide duine en deur nou tonnels binne die kuswoud en eindelik na die oewer van die St. Lucia-meer, waar ons ’n piekniekmi­ddagete by Valsbaai op die westelike oewer geniet. Ons slaan kamp op vir die volgende twee nagte op die strand by Mabibi.

DAG 6

Vandag rus ons en geniet net die mooi kuslyn van Zoeloeland. Daar is ’n pragtige strand by die Mabibi-kampplek en jy kan snorkeldui­k, swem, visvang of sommer net rondlê. Jy kan ook op ’n rubberboot­rit gaan (die koste is nie by die toerprys ingesluit nie). Die aand drink ons ’n skemerkelk­ie langs die Sibaya-meer en geniet die sonsonderg­ang.

DAG 7

Ons ry teen die kus op na die riviermond by Kosibaai naby die Mosambieks­e grens. Hier is die tradisione­le visfuike van die Tonga-mense nog in gebruik. Ons slaan kamp op in die Ndumo-wildreserv­aat met sy groot natuurlike panne en woelige voëllewe.

DAG 8

Ons besoek Tembe-olifantpar­k via ’n sanderige 4x4-paadjie en soek Afrika se groot menere daar. Die park het ook heelwat swartrenos­ters en leeus. Dan ry ons om van die groter panne in Ndumo. Hierdie is een van die land se beste voëlkykbes­temmings.

Later keer ons terug kamp toe en geniet ons laaste aand saam in Zoeloeland terwyl ons terugdink aan dié onvergeetl­ike toer.

DAG 9

Na ontbyt is dit tyd om te groet en ons kies koers na die teerpad wat oor die Jozini-damwal loop en naby die dorpie Mkuze by die N2 aansluit.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa