Weg! Ry & Sleep

RYGOED NUUT

Die Cruiser 200 kry ’n kakiehemp

-

Daar is ’n paar dinge waaroor mense – en dis nou ouens wat 80 en 100 Cruisers besit het – kla as hulle oor die Land Cruiser 200 praat. Goed soos die feit dat die VX-model amper té luuks is. Dat hy teen meer as R1,14 miljoen nie net jou oë laat traan nie, maar jou bang maak om hom bos toe te vat. En dat sy 18 duim-bande hom nie ideaal vir die veld maak nie.

En dis min of meer dit.

Maar dis groot en gewigtige kwessies daai. So twee jaar gelede het die gerugte sterk geloop dat die 200 GX SuidAfrika toe sou kom. Dit was toe al in Australië te koop, so waarom die gewag?

Die rede is dat ’n administra­tiewe fout in Japan veroorsaak het dat die eerste besending van 200GX’e wat hierheen gebring is vir homologasi­e en toetswerk, amptelik ’n sleepvermo­ë van 0 kg gehad het.

Nouja, die fout is intussen reggestel en wat tel is dat die GX nou uiteindeli­k hier is. En wat ’n ryding is dit nie! Om nie eens te praat van die feit dat hy teen R850 000 ’n hele R291 700 goedkoper as die VX is nie.

Om hom van die VX te onderskei is maklik. Kyk vir die groot snorkel, die swaar sierrooste­r, die staalvelli­ngs en die agterste laairuimde­ure wat vertikaal oopmaak, nes dié van ’n Nissan Patrol. Onder die enjinkap Hy’t dieselfde 4,5 literdubbe­l-turbo-dieselenji­n as die 200VX. Hierdie enjin is gekoppel aan ’n sesgang-outomaties­e ratkas en ontwikkel ’n allemintig­e 173 kW teen 3 200 r/min en ’n ewe indrukwekk­ende 616 Nm wringkrag tussen 1 800 en 2 200 r/min.

In die Namib het ons teen duiseligwe­kkende hoë duine uitgejaag, met die enjin wat nooit uitasem geraak het

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa