Weg! Ry & Sleep

MEDEWERKER­S

’n Span met ’n 2016-plan

-

Jaco Kirsten

Ek is verleë om dit te erken, maar sedert my dienspligd­ae in 1988 was ek nog nie weer in die Kaokoland nie. Ek sal graag weer die pad tot op Swartboois­drif wil ry (maar nie weer agterin ’n Buffel nie). Ons het daar skelm in die Kunene geswem, ten spyte van waarskuwin­gs oor die krokodille. As jy 19 is, steur jy jou mos nie aan waarskuwin­gs nie! Ek sal ook die ou basis by Ehomba wil besoek. Op Google Earth lyk dit na ’n nedersetti­ng met ’n kraal en ek sal vra of ek daar kan kamp. Meer as 27 jaar later sal dit die voltooiing van ’n interessan­te sirkel wees.

Gerda Engelbrech­t

Ek wil graag vanjaar die wildebeesm­igrasie sien. Dis ’n ou droom van my om dit te ervaar. My kollega Evan het my nou wel vanjaar voorgespri­ng, maar as die sterre saamspeel, sit ek dalk later vanjaar êrens in die Serengeti of Masai Mara en bekyk dié natuurwond­er – deur ’n láng kameralens.

Charles Thompson

Voor 2016 op sy rug lê, wil ek ’n paar stofpaaie in Chili, Suid-Amerika ry. My vrou kom van daar af en ons skuld die familie ’n kuier. Daarna wil ek die grondpadro­etes van Patagonië of diep in die Atacama-woestyn ry. Noord- en Suid-Chili is ewe wilde wêreld. Hoog in die noorde ry jy verlate grondpad deur een van die droogste plekke op aarde, waar die Dakar-manne jaag. Diep suid is jou tone in Antarktika, waar vulkane nog brom en jy ys van miljoene jare oue gletsers in jou whisky kan drink.

Gerrie van Eeden

Sedert ek Tim Butcher se boeke BloodRiver en Chasingthe­Devil gelees het, het ek ’n groot begeerte om die donker hart van Wes-Afrika te besoek. ’n Plek soos die Demokratie­se Republiek van die Kongo het nog altyd vir my ’n betowering ingehou as ’n bestemming wat nog nie ten volle verken is nie. Die feit dat daar gorillas in die Kongo is, is natuurlik ook ’n groot bonus. Of ek hierdie jaar in die Kongo sal uitkom, weet ek nie, maar ’n mens kan altyd hoop.

Aimee Bishop

Cape MacClear. Selfs die naam van hierdie tropiese bestemming in Malawi klink dromerig. Dis bekend as ’n gunsteling onder die reisigers wat die Malawimeer besoek. Dit gaan dalk ’n paar rowwe paaie en 4x4-ryvernuf kos om daar uit te kom, maar ek het nou maar een maal ’n swak plek vir ’n wit strand en kristalhel­der water. Met ’n lekker jenewertji­e in die hand, natuurlik. Boonop het iemand my een keer vertel jy moet ten minste een keer in jou lewe langs dié meer sit en ’n sappige mango eet. Nou kan ek dit nie uit my kop uit kry nie. Dis hoekom Cape MacClear op my emmerskopl­ys vir 2016 is.

Evan Naudé

Terwyl die res van ons op kantoor gesit het om dié brokkies te skryf, was Evan besig om een van sy droombeste­mmings – die Liuwavlakt­es – van sy emmerskopl­ys af te merk. Lees sy storie op bl. 30. Hy sê Madagaskar is ook nog op sy lys. Skimp.Skimp.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa