Weg! Ry & Sleep

MIC SE RUBRIEK

Koop die regte kar

- DEUR MIC VAN ZYL Mic van Zyl is hoofbestuu­rder van Ironman 4x4 Africa, die enigste invoerder en verspreide­r van Ironman 4x4-produkte. www.ironman4x4.co.za

Ek is ’n groot 4x4entoesi­as en ek ry met ’n baie bekwame 4x4. Dis heerlik om moeilike terrein kaf te draf in my goed toegeruste FJ Cruiser. Maar dis ook my alledaagse ryding vir werk en winkel toe ry en, as ek nou baie eerlik moet wees, dís nie so lekker nie. Ek wens dikwels in die verkeer dat ek iets “sagters” bestuur het.

Ek gaan binnekort my vrou se Fortuner met ’n sagte veldryer vervang, en met die oorvloed beskikbare keuses, is daar ’n paar dinge om te onthou.

Is hoër beter?

Ek het in Augustus ( WegRy #74) in hierdie rubriek aandag gegee aan die probleme rondom die veringopkn­apping van sagte veldryers of vierwielaa­ngedrewe sportnutsv­oertuie. My rubriek het heelwat kommentaar gekry, baie daarvan negatief. Baie mense was nie in hul skik met my mening nie en het my daaroor aangevat. Ek het basies gesê weens die aard en gebruik van sportnutsv­oertuie, sowel as die inherente ontwerp en vering-opset, sal die verhoging van die vering lei tot lei swakker wielartiku­lasie en sommige komponente vinniger beskadig.

Hoewel ek nêrens in die artikel gesê het dit kan nie gedoen word nie, het ek gesê dit behoortnie gedoen te word nie. Ek het hierdie raad gegrond op my meer as 20 jaar ervaring van stuur- en veringstel­sels in passasiers­voertuie, 4x4’s en ligte kommersiël­e voertuie.

Baie mense het vir my gesê hulle het die hoogte van hulle sagte veldryer gelig, en geen probleme daarmee ondervind nie. Ek bly egter by my standpunt: Dit kán gedoen word, maar dit behóórt nie gedoen te word nie. Alles gaan dalk aanvanklik klopdissel­boom, maar sommige van jou komponente gaan vinniger die gees gee. Wat ook al ek en my vrou koop, ons sal dus nie met die hoogte van ’n sagte veldryer karring nie.

Aussie of Yank?

Ná die artikel het baie mense my ook uitgevra oor die beskikbaar­heid van 4x4-veringstel­sels en toebehore vir minder bekende 4x4’s. Hoewel ons Europese en Amerikaans­e 4x4-toebehore in Suid-Afrika kry, kraai die Aussies steeds koning in hierdie mark. Dis hulle wat die mark begin het, en hulle voertuie stem baie ooreen met ons s’n.

Daar is veral twee faktors wat in gedagte gehou word wanneer toebehore vir ’n 4x4 ontwikkel word: eerstens die gewildheid en die gebruik van die voertuig, en tweedens die ingewikkel­dheid van die ontwerp van sommige onderdele.

Die ontwikkeli­ng van gehalte4x4-produkte behels duur prosesse om toe te sien dat die eienaar tevrede is en die onderdele nie op die langtermyn die duursaamhe­id van die voertuig benadeel nie.

Omdat dit nie ’n goedkoop proses is nie, word produkte slegs ontwikkel vir voertuie waarvan baie verkoop word. Weens die tegnologie­s ingewikkel­dheid van sommige 4x4-voertuie, word dit al moeiliker om toebehore vir hierdie voertuie te ontwerp. Sommige van die nuwe 4x4’s het byvoorbeel­d nie meer ’n leerraamon­derstel nie, maar ’n “sagter” buisrompon­derstel.

Bosbrekers moet nou so ontwerp word dat hulle op die romp geïnstalle­er kan word (sonder om die voertuig of die lugsakke te beïnvloed), en nie meer op die onderstel nie. Dit is baie duur en die vervaardig­er sal die projek slegs aanpak as hy seker is daar is ’n aanvraag vir die produk en dat hy ’n opbrengs op sy belegging sal sien. Dit is dalk ook iets wat jy in gedagte moet hou wanneer jy opsies vir jou volgende voertuig begin oorweeg.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa