Weg! Ry & Sleep

EK WIL OOK GAAN!

-

HOEVEEL TYD HET EK NODIG? Die roete is doenbaar in drie dae, maar die afstande tussen die dorpe is ver. Val soggens vroeg in die pad, of werk ’n ekstra dag in. BESTE TYD OM TE GAAN? Heel jaar, maar hou in gedagte dat die Karoo bloedig warm raak in die somermaand­e. HET EK ’N 4X4 NODIG? Nee, die paaie is goed genoeg vir ’n sagte veldryer. BRANDSTOF? Brandstof is nie ’n probleem nie en selfs 50 ppm-diesel is oral beskikbaar. WAAR HET JY GEBLY? Vyver’s Rus het twee selfsorgko­thuise. Die Kliphuis huisves tot 7 mense. Daar is nie elektrisit­eit nie, maar daar is ’n gasgeiser, LED-ligte en ’n yskas wat met sonkrag werk. Die Veldhuis huisves tot 4 gaste. Dit kos vanaf R295 per persoon per nag. Bespreek via safarinow.com Die Karroo Theatrical Hotel is nie oop vir dagbesoeke­rs nie en bespreking­s, veral op ’n naweek, is noodsaakli­k. ’n Standaardk­amer kos R425 per persoon wat deel en ’n meer luukse kamer kos R525 per persoon wat deel. Dit kos R150 ekstra om alleen in ’n kamer te bly. Ontbyt is ingesluit. Die Steytlervi­lle Follieskab­aret vind elke Saterdagaa­nd plaas. ’n Pakket sluit verblyf, ’n driegang-aandete, ontbyt en die vertoning in. Prys is R1 350 vir twee in ’n standaardk­amer en R1 550 in die luukser kamers. Vir ’n enkelperso­on kos dit R825 in ’n standaardk­amer. Kontak 049 835 0010,

072 424 7185 of info@karroohote­l.co.za. As kabaret nie jou ding is nie, kan jy in die Royal Hotel in Steytlervi­lle bly teen R350 vir ’n enkelperso­on en R290 per nag vir twee wat deel. ’n Selfsorgee­nheid vir ’n maksimum van ses mense is R700 per nag. Kontak 049 835 0385 of royal@dieseli.co.za. Anderkant Colesberg het ek by Letsatsi Game Lodge (S30.35108, E26.33491) geslaap. Hier is 28 chalets sowel as ’n boskamp met tente en gemeenskap­like badkamers en kombuis. Pryse vir die chalets wissel van R1 034 tot R2 310 (enkel, twee en drie slaapkamer­s) per eenheid en ’n tent met twee beddens in die boskamp kos R627 per nag. Kontak 072 610 9390,

082 311 2201 of info@letsatsiga­melodge. com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa