Weg! Ry & Sleep

Bakkies, banddrukme­ters en (koue) braaivleis

-

Noudat 2017 hier is, dink ek terug aan alles wat ek al in my 47 jaar op aarde beleef het. Ek onthou hoe die Britse Leeus ons in 1974 góéd pakgegee het (deesdae doen almal dit, mindyou). Hoe PW sy vinger in die lug geswaai het en hoe die Bokke die Wêreldbeke­r in 1995 gewen het (ook bekend as “die Goeie Ou Dae”). Ek onthou Lady Di se dood en hoe twee passasiers­vliegtuie in 2001 in die World Trade Center in New York vasgevlieg het.

Maar dit alles is ’n vulletjie teenoor die video van die Hilux wat tydens ’n toets – die sogenaamde moose test – deur ’n Sweedse tydskrif wou omdop. Die reaksie wat dit uitgelok het, was erger as toe JFK geskiet is. Mense het histeries geraak. Ander het gevloek. Party het gehuil en sommige was heimlik bly.

En toe besluit ons om die toets met ’n plaaslike Hilux te doen. Tot op die naaste sentimeter dieselfde baan as die Swede. Met die maksimum toegelate vrag en teen selfs vinniger snelhede. Teen hierdie tyd het baie van julle seker al die video’s van ons toetse gesien. In hierdie uitgawe vertel ons breedvoeri­g hoe ons te werk gegaan het en wat ons gevolgtrek­kings was.

Laat my toe om die volgende te sê: Toyota het ons nie betaal nie. Trouens ons het nie eers vir hulle gesê waarvoor ons die bakkies gebruik nie.

Waar het die verskil gelê? In die feit dat hulle ’n 2,7 liter-petrol 4x2 gebruik het en ons ’n diesel 4x4? Was hulle banddruk te laag? Wie sal weet.

Dan is daar ons 4x4 van die Jaar–toekenning­s. Ja, nes met die Hilux en die moosetest, gaan mense ook stry óf mekaar op die skouer klop. Dis mos maar hoe ons ons rygoed ervaar: persoonlik en met passie. En daarmee is niks fout nie.

Verder het ons gaan kyk hoe lyk ’n effens afgeskeept­e deel van die Kaap – die pragtige paadjies wat die bekende Sederberg met die Tankwa-Karoo verbind; en het Evan ook van Graaff-Reinet af met die agterpaaie na Hogsback gery. En agterna van feëtjies gepraat. Ek dink ons almal verdien ’n goeie vakansie.

Ons het vanjaar omtrent die buurlande pap gery: Namibië, Botswana, Angola en Mosambiek is behoorlik gedek, daarom is twee reise nader aan die huis ’n goeie idee. Volgende jaar gaan ons weer hárd in die buurlande reis, maar dis ’n goeie plan om nou en dan te kyk na die wonderlike opsies binne ons landsgrens­e.

Vandeesmaa­nd het ons 10 verskillen­de banddrukme­ters gevat en gekyk hoe akkuraat hulle nou eintlik is. En as jy gedink het duurder is noodwendig beter, maak jy ’n groot fout.

Dan was daar die nuwe Nissan Navara wat ek in Marokko gaan ry het. Jis, maar dis ’n lekker bakkie en ek kan my net voor- stel watter argumente en twis dit weer oudergewoo­nte onder die mense gaan uitlok. Bring solank die popcorn, ek kan nie wag nie!

Laastens wys Lise Beyers vir ons op bl. 94 wat jy alles met oorskiet-braaivleis kan doen. En ek het altyd gedink die hemel is ’n koue tjop, warm koffie en ’n sny brood met appelkoosk­onfyt.

Nouja toe, waarvoor wag ons? Die jaar wink in al sy glorie. So maak vas die gordels. 2017, hier kom ons!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa