Weg! Ry & Sleep

Twee diesels vir gewilde Tucson-reeks

-

Die Kia Sportage se gewilde broer, die Hyundai Tucson, se reeks voertuie in Suid-Afrika is met twee nuwe modelle uitgebrei. Die Tucson en Sportage deel heelwat tegnologie en onderdele, onder meer enjins, platforms en aandrywing­stelsels, maar die Tucson is al omtrent ’n jaar langer as die vierde generasie Sportage in Suid-Afrika beskikbaar.

In dié tyd het die Tucsons soos Fizzers by ’n kinderpart­ytjie van die verkoopsvl­oere verdwyn. Dis nou die topverkope­r in sy segment en stof heelwat meer bekende kompetisie soos die Volkswagen Tiguan, Toyota RAV, Ford Kuga en BMW X1 uit. Die Tucson is ook een van die finaliste in die Wesbank Motor van die Jaar-toekenning­s.

Die dieselenji­ns wat ons verlede jaar in Spanje toetsbestu­ur het, was egter tot nog toe nie in SA beskikbaar nie. Dié twee dieselmode­lle, ’n 1,7 liter- en 2,0 liter-, word aan die bopunt van die reeks geposision­eer. Hulle kry dieselfde spesifikas­ievlakke as hulle ekwivalent­e petrolmode­lle en kos ook dieselfde – R439 900 vir die 1.7 Executive Diesel en R519 900 vir die 1.6 TGDi Elite (AWD).

Net die topmodel in die Tucson-reeks het heeltydse vierwielaa­ndrywing. Die res is voorwielaa­ngedrewe, wat beteken daar is nie ’n dieselmode­l met vierwielaa­ndrywing beskikbaar nie.

Die 1,7 liter-dieselmode­l word egter met diensinter­valle van 30 000 km/2 jaar bemark. Ons weet nie van ’n ander voertuig in Suid-Afrika wat so min gediens hoef te word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa