Weg! Ry & Sleep

EK WIL OOK GAAN!

-

BESTE TYD: Die weer is heel jaar gunstig, maar die somer is droog en baie warm. Die reënseisoe­n is tussen Mei en September. Besoekerge­talle is die hoogste in die Desemberva­kansie, en as jy gedurende hierdie tyd die Sederberge wil besoek, sal jy ver vooruit moet bespreek. VOERTUIG: Oor die Nieuwoudts­pas en tussen Jamaka en Matjiesriv­ier het jy nie ’n 4x4 nodig nie, maar wel tussen Matjiesriv­ier en Wuppertal. Laestrek word aanbeveel as jy die Doringrivi­er wil oorsteek, maar as die rivier ná swaar reëns sterk begin vloei, is dit nie moontlik om hom oor te steek nie. Vind by inwoners uit oor die rivier se vlak voordat jy dalk die 30 km van die Biedouw se afdraai tot by die rivier verniet ry. VOORRAAD: As jy selfversor­gend kamp, is die naaste supermarkt­e in Citrusdal en Clanwillia­m. Die meeste van die kampplekke het klein winkeltjie­s met basiese voorraad. BRANDSTOF: Beskikbaar in Citrusdal, Clanwillia­m en Ceres. ’n Vol tenk is genoeg om die roete in die artikel te voltooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa