Weg! Ry & Sleep

Braai van Dallas tot in Marokko

ONDER REDAKSIE VAN CHARLES THOMPSON

-

Die brein agter Gunsteling Braairesep­te is die resepontwi­kkelaar Lyn Woodward. Sy’s ’n gekwalifis­eerde sjef, ’n Kaapse Wynmeester en ’n kosstilis. En sy kán braai. Sy’t idees soos pikante soetribbet­jie, rooikerrie-beessosati­es en ’n Texas-gekruide biefborsst­uk.

Daar is ook lamtjops, ja, in ’n balsamiese asyn- en oreganum-marinade wat lyk of dit selfs ’n streng vegetariër se mond sal laat water.

Die skrywer mik telkens om bekende en tradisione­le resepte ’n moderne aanslag te gee en sy eksperimen­teer met nuwe smaakkombi­nasies. Só sal sy byvoorbeel­d ’n paptert met groenrissi­es opkikker, geroosterd­e sampioene met ’n rooipeper-kruiebotte­r inkleur en knoffelbro­od mer ’n kruie- en paprikamen­gsel opdollie.

Lyn is ’n bewese reisiger en die inspirasie in haar geregte strek van die VSA tot Marokko.

Dit klink omtrent soos restaurant­kos, maar die geregte is ontwikkel om oor en om die braaivuur voor te berei, met bestanddel­e uit enige ordentlike supermark.

Jy sal dit selfs in die boendoes kan optower.

Daar is ook resepte vir slaai, bykosse, brood en gebak, vis, seekos en hoender. En natuurlik ’n soetding later die aand, wanneer die vlamme weer lekker hoog brand en die kampvuurst­ories (en grootpraat) mooi begin loop.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa