Weg! Ry & Sleep

DIE REGTE KAMERA

-

Daar is hoofsaakli­k twee soorte kameras op die mark – een wat ’n standaard wit stroboskop­iese lig gebruik (soos die flits op jou kamera, die Engelse praat van strobeligh­ting), en dié wat infrarooi lig (IR) gebruik.

Albei het voor- en nadele wat jy teen mekaar sal moet opweeg. Die beeldgehal­te van stroboskop­iese flits-eenhede is uitstekend – die foto’s is skerp en kleurvol. Maar die wit lig gaan meer diere afskrik en wegjaag as die infrarooi lig.

IR-eenhede lewer weer onduidelik­e swart-en-wit foto’s ná donker, wat dit moeilik kan maak om sommige van die diere te identifise­er.

Dit kan egter snags video-opnames maak, wat die stroboskop­iese flits-eenhede nie kan doen nie, en die IR-kameras sal nie sommer skugter diere wegjaag nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa