Weg! Ry & Sleep

Navara die reëls herskryf

Die jongste Navara is op pad. Maar dis meer as net nóg ’n bakkie, want in die proses het Nissan met ’n paar groot verrassing­s vorendag gekom. JACO KIRSTEN het die bekendstel­ling in Marokko bygewoon.

-

Ons weet die bakkiemark is taai en vervaardig­ers probeer hard om iets te vind wat mededinger­s gaan ore aansit. Daarom het ons gewoond geraak aan inkremente­le verbeterin­ge: ’n Suiniger enjin hier, ’n slim ratkas daar en dalk ’n vars voorkoms.

Maar die nuwe Nissan Navara is nie net luukser, en met ’n beter enjin-/ratkas-kombinasie as sy voorganger nie, sy vering – en spesifiek sy kronkelver­e agter – plaas sy hantering in ’ n ander klas as enige ander bakkie op die mark.

Sommige lesers sal weet dat die nuwe Navara al amper ’ n jaar lank in ander markte te koop is. Heelwat van ons het dus gewonder hoekom dit nie vroeër hier te koop was nie. Die redes is eenvoudig: SuidAfrika­anse Navaras het ’ n ander spesifikas­ievlak as dié wat in Europa verkoop word (meer daaroor verder in die artikel); en hulle moet eers die nuwe Navara-aanleg by Rosslyn buite Pretoria voltooi. Intussen sal die eerste Navaras vir die plaaslike mark uit Thailand ingevoer word. Buitelangs Die Navara se voorkoms is nie net heeltemal nuut nie, maar meganies was dit ook ’n skoon lei. Hy’s ’ n klein bietjie groter en swaarder as sy voorganger. Die laaibak is 67 mm langer as die ou Navara s’n en hy weeg nou tussen 5 en 38 kg swaarder, na gelang van die model.

As jy na die neus en enjinkap kyk, sien jy dieselfde lyn as wat in die komende Mercedes-Benz X-Klas-bakkie te sien is – en dan onthou jy dat die X-Klas deur Nissan vir Mercedes-Benz gebou gaan word.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa