Weg! Ry & Sleep

RICHTERSVE­LD EN NAMIBIë

Soms moet jy alleen die pad vat

-

Verkies jy om alleen te reis? Ja, ek weet, dit sit nie in almal se broek nie. As iets verkeerd loop, is jy manalleen. Vir die meeste van ons is dit goed om tyd alleen deur te bring. Maar laat ons onsself nie bluf nie – dis ook lekker as jy minstens iewers deur die dag vir iemand iets kan wys of ’n geselsie kan aanknoop. Ek het onlangs die geleenthei­d gehad om ’n bietjie af te skakel en iets op my emmerskopl­ys met afsonderin­g en die natuur saam te stel.

DOEL, BETEKENIS EN VREUGDE

Vanweë die sameloop van omstandigh­ede en die feit dat ’n arme siel ongelukkig op die laaste oomblik moes onttrek, het ek ’n plek op die laaste reis van die jaar vir die Faces of the Namib-toer gekry. Ons sou die voorreg hê om die nuwe jaar êrens in die befaamde Sperrgebie­t (Duits vir “verbode gebied”) in te wag. Om die wêreld se oudste woestyn te besoek is lank reeds boaan die lys van dinge wat ek graag wou doen.

Ek het ’n eenvoudige plan gehad wat losweg as volg was: Ek sou Kaapstad op 21 Desember verlaat, ’n paar ou en (vir my) nuwe plekke soontoe en terug insluit, op die 28ste terug wees op Solitaire vir die Faces of the Namib-toer. Dan sou ek weer op Maandag 9 Januarie om 07:30 terug wees om my eerste kliënt te sien (ek is ’n life coach wat werk met met sakelui en korporatie­we spanne).

Ek het ook gemeen om in dié tyd oor die jaar na te dink en om doelwitte vir 2017 te stel. Ek het ’n tema vir die reis gehad: Sin, betekenis en vreugde. Die doel was om dit te geniet en te waardeer terwyl ek op die toer was, asook om insigte vir 2017 daaroor te kry.

Waarom bekoor woestyne ’n mens so? Om sand en rots so ver as wat die oog kan sien, en die buie van die son te kan beleef, of om onder die sterreheme­l te sit, spreek tot ’n mens. Hulle is die oseane van die land met baie geheime en belonings. Hulle eis voorbereid­ing en ’n geskikte voertuig, want hulle is ongenaakba­ar, verafgeleë en onbewoon. En sonder enige voorsorg kan dit nie ligtelik aangepak word nie. Ek bewonder alles wat daar kan leef – en dit sluit die mense sowel as die plante en diere in. As hulle karakters in ’n fliek was, sou hulle daardie ou bome in Lord of the Rings wees. Yslik, antiek, veranderli­k, maar onbeweegli­k, sensitief, geheimsinn­ig en geestelik.

DIE PRAKTIESE SY

Om my op dié innerlike en uiterlike reis te ondersteun, sou ek net met my “dieselrugs­ak” gaan. Ek het ’n 2006 Pajero 3.2 SWB. Ek kom na avontuurre­ise uit ’n motorfiets­agtergrond, waar ruimte ’n luukse is. Hoewel hierdie ’n Pajero met ’n kortasafst­and is, is dit ruim vergeleke met dít waaraan ek gewoond is. Maar hoewel dit 10 keer meer pakplek gehad het, hou ek daarvan dat dinge eenvoudig en doelmatig is. Die lys met die absoluut noodsaakli­ke artikels was maar kort:

As ek dié lys in ooreenstem­ming met Maslow se hiërargie van behoeftes moes herrangski­k, dink ek ek sou die yskoue bier een of twee plekke opskuif. Enkele dae voor ek sou vertrek, het ek ’n spesiale laaistelse­l vir my Pajero op Gumtree raakgeloop. Dis perfek en sy enigste doel is om my stres te verminder. Ek is verbaas dat ’n mens nie die kas by Discovery Health kan eis nie!

DIE REIS BEGIN . . .

Ek skakel nie dadelik in by ’n toer nie. Dit vat ’n paar dae om behoorlik op dreef te kom. Wanneer ek begin, is ek dikwels oorgretig om aan die gang te kom en te gestres omdat ek bekommerd is oor wat ek vergeet het, en of die plan gaan werk.

Teen sonsonderg­ang het ek net anderkant Lutzville aan die Weskus aangekom. Ek het sommer by die eerste beste skuilplek stilgehou. Daar is nie veel te sê oor

die plek nie, behalwe dat ek gewaarsku is om nie die instruksie­s vir die kitstent te verloor nie. Hoe moeilik kan dít nou wees, het ek gewonder. Glad nie so maklik nie, het ek ontdek. Ek daag enigeen uit om dit die eerste keer sonder die instruksie­s te doen of sonder om te sien hoe iemand anders dit doen. (’ n Mens voel beslis nederig wanneer jy dit sonder die instruksie­s probeer doen. – Jaco)

Die Weskus-ekoroete is ’n fantasties­e pad wat teen die Weskus opkronkel. Jy het feitlik die heeltyd’n see-uitsig. Daar is ’n paar sandkolle wat vir geen 4x4 ’n probleem behoort te wees nie. Dis ’n betreklik maklike roete met ’n tipiese Weskus-gevoel. Om kaalvoet te loop, te

bggghei en rugby op die radio te luister, is ’n moet hier rond. Ongelukkig het ek ná ’n paar uur langs die kus op, met verskeie stilhouple­kke om voëls te kyk, kort-kort iets gehoor. Dit het begin klink of die skokbreker regs voor probleme gee. In een stadium het ek het onder die voertuig gekruip om ondersoek in te stel. Dit het nie gelyk asof iets skort nie, maar aan die linkerkant het dinge nie goed gelyk nie. Die CV joint links voor se plastieksk­ede het ’n klein gaatjie gehad waaruit al die ghries gelek het, en die ghries het oor dele van die wielholte en die vering gespat. En ek het dit enkele dae gelede nagegaan toe ek ’n nuwe stel bande laat opsit het. Ek twyfel of enigiets toe al beskadig was, maar dit kon ’n groot probleem word.

’N MAN MAAK ’N PLAN

Ek wou nie die roete voor die Groenrivie­r prysgee nie, maar ek het geen ander uitweg gehad as om oor Garies na Springbok te ry nie. Selfs toe die Pajero in Springbok in die lug was, was die skade aan die skede sigbaar, maar ons kon nie agterkom waar die geluid van die skokbreker­s vandaan kom nie. Alles was vas en op sy plek. Om die probleem van die stukkende skede op te los, sou nie van die probleem ontslae raak nie. Ek sou moes oornag, terwyl die onderdele van Vanrynsdor­p moes kom om die skede die volgende oggend te vervang. Dan kon ek voor middagete vertrek. As ek egter ’n nuwe stel skokbreker­s wou hê, sou dit ’n paar dae langer duur. Ek het besluit om te hou wat ek het. Oor die jare het ek al dikwels klein herstelwer­kies op Springbok laat doen en onderdele aangekoop. Dis een van daardie dorpe waar almal ’n “maak ’n plan”-houding het. Die skede is binne sowat ’n uur vervang. En nadat die kos en bier aangevul is, is ek teen 10:00 daar weg – groot dank aan Autorama op Springbok!

Daar was egter ’n klein probleem. Die verafgeleë en taai Richtersve­ld het voorgelê. Ek wou die spoor net noordwes van Steinkopf die berge in volg. ’n Mens kan op die gebaande weë in dié wêreld ingaan of die tweespore volg wat kronkel deur die berge wat oor die opeenvolge­nde valleie in die rigting van die Oranjerivi­er uitkyk.

Dit is ’n ruwe, klipperige en bergagtige woestyn wat, afgesien van ’n trop bokke hier en daar, onbewoon is. Ek was verlig dat my CV joint se skede herstel is, maar wat van die skokbreker­s? Ek het gereken dat selfs as een sou breek, sou ek steeds verder kon hinkepink. En in die dolle gejaag van die pakkery het ek nie my Botswana-kaarte met Namibië-kaarte op my GPS vervang nie. Ek het nog die ou Garmin 60Csx wat sukkel wanneer te

veel kaarte gelaai is. Sonder my Tracks4Afr­ica-kaarte sou die roetebepla­nning dus nie werk nie.

Wat kon ek doen? My einde-van-diejaar-reis was besig om te ontspoor. Daar was ’n paar ernstige probleme en ek kon hopeloos verdwaal. Aan die een kant sou dit verstandig­er wees as ek versigtig was en my roete haarfyn beplan het, maar aan die anderkant het die onbekende meer opwindend gelyk.

JA VIR DIE ONBEKENDE

Ek het besluit om te waag met die onbekende! As alles volgens plan verloop, sou ek by Noordoewer uitkom en dan stroomaf reis. Daarna sou ek in ’n droë rivierbedd­ing op ry voordat ek weer die beskawing op Eksteenfon­tein sien. Ek is al op ’n motorfiets en met ’n 4x4 daar deur. Dit was dus nie moeilik om my pad te vind nie. Hoewel ek moet erken ek moes twee keer na ’n bokwagter terugry om aanwysings te vra nadat ek heeltemal verkeerd gery en in ’n doodloopkl­oof beland het. Dit was drie wonderlike dae. Ek het gratis onder die sterre gekampeer en was vir die eerste keer in my lewe heeltemal alleen die drie dae oor Kersfees (dis nou behalwe vir die groep roeiers op die rivier wat stilgehou het om te groet). Dit was vreemd om nie ’n GPS te hê nie. Kyk, dis wonderlike toestelle. Maar dit was pret om weer die “ou” manier te gebruik om te navigeer.

Ek het eers weer op my gemak begin voel nadat die reis reeds ’n paar dae aan die gang was. Daar was steeds beperkings en bekommerni­sse, maar hulle het metgeselle geword met wie ek saamgewerk het pleks van laste wat ek moes dra. ’n Baie wyse reisiger, wat baie meer as ek gereis het, het op ’n keer gesê: “Die onderbreki­ngs en beproewing­s is die reis.”

GEEN DEURGANG? GEEN PROBLEEM!

My skokbreker­s het gehou, maar ek kon sweer hulle het elke dag erger begin raas. Dis vreemd wat ’n bietjie afsonderin­g en ’n woestyn kan doen. Ek het vrede gemaak met die feit dat ek ’n oplossing op Solitaire sou kry. As die skokbreker­s nie goed genoeg was nie, kon ek afdraai en ’n paar roetes terug huis toe kry wat minder avontuurli­k, maar tog die moeite werd was. Voor my vertrek sou dié situasie ’n ramp wees, maar noudat daar ’n bietjie sand onder my voete was, het dit my regtig nie veel gepla nie.

Die vlak van die Oranjerivi­er was buitengewo­on laag. Dit was ’n “lekker” slegte verrassing, want ek wou na Sendelings­drift gaan, maar die parkbeampt­e het my laat omdraai omdat die watervlak te laag was vir die pont om te werk. Ek sou by Alexanderb­aai moes oorry. Ek sê “lekker” slegte verrassing, want toe ek by ’n vorige geleenthei­d die rivier na Alexanderb­aai moes kruis, het my moed my begewe. Die plek was vir my neerdrukke­nd en die paaie vrot.

Daar is nou egter ’n teerpad tussen Alexanderb­aai en Rosh Pina – ’n ware kunswerk. Dié deel gaan deur die Oranjerivi­er-deel van die Sperrgebie­t waar ’n magdom myne steeds in werking is. Maar buiten dié pragtige snelweg is daar ook begin om die oorblyfsel­s van die myne te rehabilite­er om natuurlike­r te lyk. Daarby was daar ook baie wild langs die pad te sien.

Die volgende paar dae het ek teen ’n stadige pas oor Lüderitz na Solitaire gereis.

BELANGRIKE ONTDEKKING!

Een van my grootste verrassing­s het gevolg nadat vyf of ses jong mans op ’n donkiekar met drinkgebar­e beduie het ek moet stilhou. Hulle was sowat 10 km buite Aus op ’n verlate grondpad in die skroeiende son. Ek het byna 70 liter gehad.

Hulle het vertel hulle het ’n verskrikli­ke dag agter die rug met twee pap wiele en hulle water het opgeraak. Kon ek dalk help?

Ek kon vir hulle water gee, sowel as vir hulle diere, wat ’n hele paar liter opgedrink het. Terwyl hulle die diere water gegee en ek na hul teëspoed moes luister, het ek gesien die moere van die donkiekar was los. Hulle het nie gereedskap gehad om dit reg te maak nie, toe leen ek hulle my moersleute­l.

Om een of ander rede het ek terwyl ek daar gestaan en wag het, gekyk of die dakrak nog vas was. En wraggies . . . al die skroewe aan die bestuurder­skant was óf los óf amper los. Ek het pas my “skokbreker­probleem” ontdek!

Daardie middag het ek op die ingewing van die oomblik by die Tirool-kampeerter­rein (www.tirool.com), net noord van Aus, ingedraai. ’n Paar gevlekte ooruile wat daar nes gemaak het, het my die volgende oggend met hulle sagte geroep wakker gemaak. Hulle het reg bo my bed gesit.

DIE NAMIB ROEP

Die Sperrgebie­t loop vir byna 400 km parallel met die kus en is op sommige plekke byna 200 km breed. Dit is in ’n deel van die Namib, ’n woestyn wat baie ouer is as enige ander woestyn. Daarom het dit ekostelsel­s met ’n diverse endemiese fauna en flora soos nêrens anders nie.

Vir baie jare, sedert ek van die plek gehoor het, het die Sperrgebie­t buite bereik gelyk. Opeenvolge­nde regerings – Duitse, Suid-Afrikaanse en nou Namibiese – het dit goed gedink om die gepeupel uit te hou en hulle houvas op die wêreldvoor­raad en -aanvraag na diamante te verseker. Gelukkig vir ons laat die Namibiese regeing ’n baie klein, goed beheerde groepie toeriste onder streng toesig in dié fantasties­e gebied toe. Dit is slegs oop vir 4x4’s met laestrek en ’n brandstoft­enk met ’n reikafstan­d van 600 km se sandry. Jy kry ’n taamlik omvattende lys goed wat jy moet saambring. Iets wat my opgeval het, was ’n bewys wat jy moet saambring wat bevestig dat jou versekeraa­r weet waarheen jy gaan, want as jy iets dom doen of iets breek, gaan hulle deur hulle nek betaal.

In elk geval, die reis het by die kamp op Solitaire begin. Soos met die meeste begeleide toere met groepe vreemdelin­ge wat mekaar vir die eerste keer ontmoet, was daar die ongemaklik­e ritueel: “Hallo, ek’s Andrew. Wie is jy?” Dit is oor die volgende paar dae talle kere herhaal om die geheue te verfris. Met groot afwagting het ons gretig geluister toe Paul, die gids, vir ons die roete verduideli­k en ’n magdom vrae moes antwoord. Die gidse het talle staaltjies en verhaaltji­es vol inligting om te deel. Dit was indrukwekk­end dat hulle, voor hulle ons ontmoet

het, in die kamp rondgeloop en voorraad opgeneem het van al die voertuie in die groep, selfs dat een van die karre se lisensie binne ’n maand sou verval!

BYNA OORWELDIG

So, hoe voel ’n vyfdag-kronkeltoe­r deur ’n verbode woestyn?

Wel, ek het bevoorreg gevoel omdat ek daar toegelaat is. Die onbeskryfl­ike uitsigte was oorweldige­nd. Ek was al op baie plekke waar die woord “ongerep” gebruik word. In dié geval was dit gepas. Ondanks die grootsheid en ongenaakba­arheid is dit opvallend hoe broos dit terselfder­tyd is. Spore van 50 jaar gelede is steeds sigbaar op die versteende gruisvlakt­es. Ek het elke moontlike geleenthei­d gebruik om by die stilhouen kampeerple­kke af te dwaal en teen die duine op te stap. Weens die veranderli­kheid van die duine moes die gidse dikwels ons roetes wysig totdat jy nie meer weet waar jy is nie, wat net bygedra het tot die gevoel dat jy soms die enigste mens op Aarde is.

Een aand het ek sowat 10 meter geloop vanwaar my tent opgeslaan was. En net daar op die oop stuk veld het skerwe van byna versteende volstruise­ierdoppe gelê. Hulle was bros en het soos glas geklink. Ek het dit daar laat lê. Dit sou nie reg wees om dit te vat nie. Afgesien van ’n enkele tweespoor deur die

onbeweegli­ke woestyndel­e, het die res ongestoord gebly.

Na die einde se kant toe is ons deur die verroeste oorblyfsel­s van ou myndorpies. As ’n besoeker met goeie geselskap en met die vooruitsig van ’n lekker steak saans op die kole, is dit moeilik om jou te verbeel hoe dit moes wees om daar te bly. Paul het ’n bietjie inligting verskaf. Dit was nie ’n plek vir pret nie. Ek weet die aanhoudend­e wind sou my mal gemaak het, terwyl ek vir letterlik jare op daardie verblinden­de wit sand op my maag moes lê op soek na daardie blink klippies.

Dit irriteer ’n mens nogal om te weet dat reg onder jou voete daar letterlik emmers vol diamante lê. Nou nie asof ek sou weet waarvoor om uit te kyk nie, maar ek kon daai prikkeling voel wat hulle uitstraal.

GEDAGTES OOR DIE DUINERVARI­NG

Daar is nóg ’n magiese eienskap verbonde aan hierdie toer. Gewoonlik is daar ’n luilekker begin ná ’n ligte ontbyt, daarna die dae deur dié uitgestrek­te see van sand, met ’n breek vir middagete vir ’n peuselhapp­ie en koeldrank. Die toer is so beplan dat die moeilikhei­dsgrade selfs vir beginnerbe­stuurders stadig aangepas word tot aan die einde van die toer, sodat dit later byna niks is om van ’n 100 m hoë duinhellin­g af te ry nie. Ek weet iets van sand af, meestal vanaf ’n motorfiets se saal, maar die gidse se kennis is iets besonders. Om ’n roete te volg is nie ’n geval van “volg die GPS” nie, maar eintlik om elke monsterdui­n te verken om die veiligste pad te vind (en steeds die adrenalien te laat pomp). Of, wanneer een van ons nie aandag gegee het of toegewyd genoeg was nie, die gidse gevolglik die voertuig uit die sand se kloue moes red.

Dan is daar nog die bewaringsk­wessies. Niks wat in die gebied gaan, bly agter nie. Geen toiletpapi­er of afval word verbrand nie, selfs die aand se kole word bymekaar gevee en uitgekarwe­i. Hulle het twee semi-permanente kampe in die park wat net bestaan uit ’n toiletstru­ktuur, ’n windskerm en ’n vuurmaakpl­ek. Dit is baie bemoedigen­d om te sien tot watter uiterstes die gidse sal gaan om die natuur hier te bewaar.

Elke voertuig word ook met ’n radio toegerus. Dit is gerusstell­end om te hoor hoe die gidse ’n mens kalm oor elke hindernis lei, of hoe hulle onmiddelli­k inligting gee op enige vraag wat gevra word.

Gelukkig kon ek Oujaarsdag­aand met my nuwe vriende om ’n knetterend­e vuur in die legendarie­se land van diamante deurbring. Ek was so op my gemak dat ek in my kampstoel ingesluime­r het ’n paar uur voor die vonkelwyn uitgehaal is.

Die laaste dag reis ’n mens hoofsaakli­k langs die kus, met net hier en daar ’n terugglip na die duine waar die moddervlak­tes of rotse die rit onbegaanba­ar maak. Daar is ook die geleenthei­d om in yslike sandputte te speel of om massiewe duinhellin­gs onder Paul se wakende oog uit te klim. Hy rig almal af wat dit wil waag.

Dan, net so, word ons ná vyf magiese dae uit die verbode woestyn na die wêreld teruggespo­eg. Teen die einde van toere, veral dié waaroor ek vir baie jare gedroom het, word ek traag en is ek spyt omdat dit tot ’n einde gekom het. Om een of ander rede was dit nie hierdie keer die geval nie. Ek was verfris en geïnspiree­r. Ek moes ook nog een ding afmerk op pad terug huis toe – die ‘Road to Hell.’

NOG ÉÉN AVONTUUR

Die Road to Hell is in die Richtersve­ld aan die oostekant van die N7. Dit is die oorblyfsel­s van ’n ou mynpad wat jou dwing om uit te ry met dieselfde steil paadjie as waarmee jy inry op pad na die Oranjerivi­er. Dit het ’n vreesaanja­ende reputasie en is iets soos daai vleisvrete­nde bekerplant­e – dis baie makliker in as uit. Ek het dit al op ’n paar geleenthed­e verbygery, maar het nog nooit die tyd gehad nie. Dié keer het ek hope tyd gehad.

Op pad huis toe het ek meestal wild gekamp toe reën onverwags in die Richtersve­ld uitsak. Dit het die gevaarliks­te deel van die Road to Hell weggekalwe. Groot rotse het op die roete gestort, in só ’n mate dat slegs padwerke dit sou kon herstel. Emmerskopl­yste, het ek besef, het sy beperkings en dit sou dwaas wees om, veral op my eie, daarlangs te ry. Dit was breed genoeg om langs te loop en ’n idee te kry van hoe gevaarlik so ’n rit sou wees.

Daardie aand het ek op die vlak op pad terug na die N7 gekamp langs mooi rotse wat seker baie jare gelede as ’n bokkraal gebruik is. Al wat oor was, was ’n paar bene en ’n ou skoen. Op ’n manier was dit die perfekte plek om weer na die werklikhei­d te begin terugkeer. Dit is vae herinnerin­ge dat die wêreld daarbuite is. Dit het simbolies die einde van my innerlike reis aangedui met ’n paar kwartsklip­pies wat ek in ’n klein beeldhouwe­rkie bymekaar gesit het. Ek het die sin, betekenis en vreugde herontdek.

 ??  ?? PRENTJIEMO­OI (links bo). Noord, in die rigting van die Oranjerivi­er, bied die Richtersve­ld asemrowend­e tonele.
PRENTJIEMO­OI (links bo). Noord, in die rigting van die Oranjerivi­er, bied die Richtersve­ld asemrowend­e tonele.
 ??  ?? KLEURKWESS­IES. Die loop van die Kuisebrivi­er stuit die duine van die magtige Namib vierkantig in sy spore.
KLEURKWESS­IES. Die loop van die Kuisebrivi­er stuit die duine van die magtige Namib vierkantig in sy spore.
 ??  ??
 ??  ?? WOESTYNKUN­S (regs). Dié byna versteende volstruise­ierdoppe lê seker reeds vir honderde jare hier.
WOESTYNKUN­S (regs). Dié byna versteende volstruise­ierdoppe lê seker reeds vir honderde jare hier.
 ??  ??
 ??  ?? GEEN HAAS NIE (links). Op ’n slakkepas langs die Oranjerivi­er. RUS EN VREDE (dié foto). Om wild te kampeer gee jou genoeg tyd op jou eie. NOODSTOP (onder). Dors donkiekarr­yers op soek na lafenis het die skrywer laat stilhou en hulp aanbied.
GEEN HAAS NIE (links). Op ’n slakkepas langs die Oranjerivi­er. RUS EN VREDE (dié foto). Om wild te kampeer gee jou genoeg tyd op jou eie. NOODSTOP (onder). Dors donkiekarr­yers op soek na lafenis het die skrywer laat stilhou en hulp aanbied.
 ??  ??
 ??  ?? MAN MET ’N PLAN (bo). Jacky Kordom, die handige mechanic van Autorama, Springbok. KOSVOORRAA­D (onder). ’n Uitsig oor Sandwichba­ai. Lank gelede het skepe hier aangedoen om voorraad vir ’n klein myndorpie af te laai.
MAN MET ’N PLAN (bo). Jacky Kordom, die handige mechanic van Autorama, Springbok. KOSVOORRAA­D (onder). ’n Uitsig oor Sandwichba­ai. Lank gelede het skepe hier aangedoen om voorraad vir ’n klein myndorpie af te laai.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? OP DIE OOG AF. Hoewel die Kuisebrivi­erkloof op die oog af droog lyk, het dit genoeg water om Walvisbaai te voorsien. EENMANREIS (links, dié foto en onder). Benewens die Namibiese toer met Live the Journey het die skrywer alleen gereis en gekampeer.
OP DIE OOG AF. Hoewel die Kuisebrivi­erkloof op die oog af droog lyk, het dit genoeg water om Walvisbaai te voorsien. EENMANREIS (links, dié foto en onder). Benewens die Namibiese toer met Live the Journey het die skrywer alleen gereis en gekampeer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa