Weg! Ry & Sleep

4x4-PROFESSOR

Só werk ’n turbo

-

Doen dit liewer oor as wat jy dit oordoen.”

Die meeste gesoute toeriste sal vir jou sê dat daar waarskynli­k meer dinge is om in die land te geniet as wat jy in ’n leeftyd sal kan inpas.

Ek stem beslis hiermee saam. Dit is egter lekker om elke nou en dan oor die grens te ry en die wêreld aan die anderkant te gaan verken. Daarom het ek in die Desember-vakansie my gesin Namibië toe geneem en ook sommer daar by ons verspreide­r gaan inloer.

Te veel is nooit genoeg nie

Ek het al baie in die veld gery, maar vreemd genoeg nog nie juis by duine uitgekom nie. Daarom het ek baie na hierdie vakansie uitgesien.

Met die permit in die hand, het ek broodnodig­e raad by Dirk Bosman van die Namibveldr­ysentrum gekry. Bo en behalwe raad oor die regte toerusting en banddruk, het Dirk ook vir my geleer: “In die duine is dit beter om dit oor te doen, as om dit te oordoen.” Dit geld veral as jy, soos ek, ’n FJ Cruiser bestuur.

As jy die Cruiser in derde rat, laestrek sit en al die traksiebeh­eerhulpmid­dels afskakel, kan die Cruiser die duine soos ’n monster vreet. Die 4 liter-V6petrolen­jin is ’n juweel en as jy die versneller reg gebruik, is dit ’n droom in die duine. Ek het dit baie geniet, al was my vrou nou nie so ingenome met die los sand nie.

Sandliefhe­bber

Toe ek agterna weer met Dirk gesels, het dit duidelik geword dat daar heelwat meer petrolas dieselenji­ns in die duine is. Daar is verskeie redes hiervoor. Die grootste rede is dat hoewel 4x4’s met dieselenji­ns meer wringkrag lewer (Nm) as hulle petrol-eweknieë, hulle nie dieselfde kragleweri­ng (kW) het nie.

Neem nou die Hilux- en Fortuner-reekse as voorbeeld – die 4.0 V6-petrol ontwikkel ’n hele 175 kW teen 5 200 r/min, en 376 Nm teen 3 800 r/min. Dieselfde V6-petrolenji­n in die FJ ontwikkel ’n gesonde 200 kW teen 5 800 r/min en 380 Nm teen 4 400 r/min. Die 2,8 literdiese­lenjin ontwikkel 130 kW teen 3 400 r/min, maar ’n yslike 420-450 Nm tussen 1400 en 2 600 r/min.

In die duine was dit ooglopend dat die dieselenji­ns, selfs met al die wringkrag, nie so goed soos die petrolenji­ns vaar nie.

Die pad is lank

In ander situasies is diesel beslis tops. Die pad tussen Gauteng en die Namibiese kus is nogal kwaai. Ons FJ was swaargelaa­i en die kissies op die dakrak het baie windweerst­and gebied. ’n Rukwind elke dan en wan het dinge nie makliker gemaak nie.

Tydens die reis van omtrent 2 200 km het die FJ in 5de rat gesukkel en moes ek dit meestal in 4de rat hou. Op die steil opdraande moes ek self na 3de toe afrat.

Ek het al dieselfde reis in ’n 3.0 D-4D Fortuner (vierspoed outomaties) met ’n daktent afgelê. Die voertuig het selde in ’n rat laer as 4de gery en goeie momentum op die opdraandes behou. Selfs in sy hoogste rat het hy nooit gesukkel nie. Die reis was ook baie meer ontspanne, selfs teen dieselfde spoed op die oop pad.

Dis wat die verskil maak

Ek het altyd gesukkel om die verskil tussen krag en wringkrag ( powerandto­rque) te verstaan. (’n Slim ou het op ’n keer vir my gesê krag = wringkrag x enjinspoed. Maar toe verloor hy my en ek besluit maar eerder om die wors om te draai. – Jaco).

Die reis het ’n baie goeie praktiese voorbeeld gegee van die verskil tussen krag (kW) en wringkrag (Nm). Omdat jy meer kilowatts het en die toere kan opjaag, kan jy baie makliker oor die duine jaag, want die enjin se “asem” raak nie gou op nie.

Maar die hope wringkrag wat deur dieselenji­ns ontwikkel word, veroorsaak dat hy baie makliker jou bestemming kan bereik. En die dieselenji­n is boonop baie sagter op jou beursie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa