Weg! Ry & Sleep

BANDPRAATJ­IES

Dís hoekom jy jou standaardb­ande moet vervang

-

Het jou 4x4 ander vering? As jy jou 4x4 vir veldry gebruik, is die kans goed dat dit het. Hoekom? Omdat die meeste van ons al besef het dat spesialisv­ering beter is vir swaar vragte as die standaardv­ering waarmee jou 4x4 van die fabrieksvl­oer weggery het.

Maar wat van die bande? Is hulle ontwerp vir swaar vragte, of moet jou bande ook opgegradee­r word vir swaarder vragte? Beslis!

Na gelang van die vrag, moet jou bande 10% tot 50% meer lug hê as jy ’n swaar vrag dra. Die meeste van ons gebruik hierdie riglyn as ons op vakansie is of lang afstande ry, maar ons vergeet dit op korter reise. Dan is ons geneig om te diink: “Ag man, dis mos net in die pad af. As ek stadig ry, behoort alles in die haak te wees.”

ONTHOU JY DIE ‘VRAGINDEKS’ Strukturel­e skade kan in ’n oogwink plaasvind, hoewel jy dit nie dadelik sal kan sien nie. Dié skade aan die band kan jou egter later lang trane laat huil.

Maar daar is selfs ’n groter bandkwessi­e waaroor niemand juis praat nie: die vragindeks!

Jy het dalk al baie debatte gehoor oor die kilometers, die greep, of watter band ’n tydskrif se uitkloptoe­ts gewen het. Maar niemand praat ooit oor die vragindeks nie! En dis vreemd, want dit bepaal die band se sterkte.

Wat my selfs meer verras, is as ek hoor iemand stel voor jy gebruik die standaard-veelterrei­nbande (wat oorspronkl­ik in die fabriek opgesit is, die sogenaamde OEall-terrains) op ’n voertuig wat swaar vrag gaan dra. Hier is die ding met standaard-veelterrei­nbande: Die meeste van hulle vaar maar

so-so op die vragindeks.

Bestudeer die sywand van die standaardb­and en kyk wat is die vragindeks. Dis gewoonlik iets tussen 950 kg tot 1 100 kg per band, wat nie veel beter is as dié van ’n passasiers­band, of standaard highway terrain- band nie.

Onthou standaardb­ande, word om die volgende redes deur die (motorverva­ardiger) gekies:

1 Hulle moet bekostigba­ar (lees: goedkoop) wees. 2 Hulle moet lig wees (ter wille van brandstofv­erbruik). 3 Hulle moet buigsaam wees (vir meer gerief). Die rede hiervoor is eenvoudig: Die meeste motorverva­ardigers doen hulle bes om enersyds die koste so laag as moontlik te hou, terwyl hulle andersyds so mededingen­d as moontlik wil bly wat brandstof- verbruik en gemak betref.

Geen vervaardig­er gaan ’n splinternu­we dubbelkaju­itbakkie met swaar bande die wêreld in stuur nie. Dan vergelyk hulle sleg met hulle mededinger­s wat gerief en brandstofv­erbruik betref, wat beteken dat motorjoern­aliste waarskynli­k baie daaroor gaan kla!

Die meeste van hierdie joernalist­e sal egter niks skryf oor die rol wat bande speel in ’n voertuig se verrigting, asook die voordele van ’n sterker band met ’n hoër vragindeks nie.

HOE WERK DIT? Maar wat is ’n “hoë vragindeks”, en hoe vergelyk jy een band met ’n ander?

Die antwoord is eenvoudig? Jy doen jou huiswerk.

Swaardiens-ligtevragm­otorbande (sogenoemde LT-bande), het ’n hoër vragindeks as ligtediens­alternatie­we. Maar onthou net, vervaardig­ers wat hulle op veelterrei­nbande toespits, sal ’n groter verskeiden­heid ligtevragm­otorproduk­te en groottes hê.

Dit is belangrik om te weet die vragindeks is nie vasgestel vir spesifieke bandmodell­e nie. Die indeks sal afhang van die grootte band wat jy kies. Byvoorbeel­d, toe ek bande vir my Nissan Patrol gesoek het, het ek my hart op ’n stel Cooper STT PRO’s gesit − daarom was daardie deel van my besluit reeds geneem. Die moeilike deel was om te besluit watter bandgroott­e en vragindeks ek nodig het.

Die vragindeks vir die Cooper STT PRO-bande wissel van 1 216 tot 1 751kg, na gelang van watter grootte jy kies.

Dit geld vir die meeste bandvervaa­rdigers, maar (soos ek reeds genoem het) toegewyde veelterrei­nband-vervaardig­ers bied ’n groter verskeiden­heid met ’n hoër vragindeks. Weer eens, standaardb­ande sal ’n vragindeks in die omgewing van 950 kg tot 1 100 kg bied.

Ek het op die ou end 285/75/R16’s gekoop omdat hierdie bande ’n vragindeks van 1 701 kg per band bied – omtrent 55% meer as enige standaardb­and.

Maar hoekom is dit belangrik? As vier standaardb­ande altesaam 4 400 kg kan hanteer, is dit nie meer as genoeg nie? Die bruto voertuigma­ssa van ’n tipiese dubbelkaju­itbakkie is immers in die omgewing van 3 000 kg ...

DIT GAAN OOR VEILIGHEID Dit is dalk waar as syfers die enigste ding was wat tel. Maar in ’n wêreld waar ons buffers, kappies, wenasse, langafstan­dbrandstof­tenks en kamptoerus­ting laat installeer, wil ons regtig die grense van ons bande toets wanneer ons na afgeleë gebiede reis?

As jou bande dalke die gees gee, sal dit waarskynli­k op ’n steil, rotsagtige helling wees wanneer die grootste deel van jou voertuig se gewig op jou voorwiele is en jy skerp moet draai. Nie goed nie!

Uiteindeli­k is dit jou besluit. Maar ’n 4x4-eienaar wat talle toebehore laat installeer, sal dom wees as hy nie ook die vragindeks in gedagte hou as bande gekies word nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa