Weg! Ry & Sleep

TOERUSTING

Braai op gas? Met dié toerusting, beslis!

- WOORDE: GERRIE VAN EEDEN

Baie min dinge is so lekker soos ’n vars skaaptjop wat op lekker warm kole gebraai is. Maar na jou 38ste aand se kampeer kan jy vergewe word as jy dalk smag na iets anders as braaivleis. Om jou toeknyproo­ster vir ’n eierspaan te verruil is nie ’n skande nie. En as jy eers die lekker disse geproe het wat jy met al die slim gastoestel­le en bybehore kan maak, mag daai skaaptjopp­ie dalk net begin oud word onder in die vrieskas.

JA, GAS KAN GEVAARLIK WEES

Vloeibare petroleumg­as (Liquefied Petroleum Gas of LPG) of kookgas word wêreldwyd gebruik om kos te maak of hitte te verskaf. Hier op eie bodem word dit ook al vir baie jare gebruik – van pannekoek bak by die kerkbasaar tot gasstowe in huise en woonwaens. En vir ’n geruime tyd ook agterop baie 4x4’s wat reg staan om te gaan kamp.

Kookgas is ook iets wat die groener mense onder ons gelukkiger sal maak. Die skadelike gasse vir die atmosfeer (koolstofmo­noksied en koolstofdi­oksied) is heelwat minder by die verbrandin­g van kookgas as wat dit is by die verbrandin­g van fossielbra­ndstowwe soos steenkool en olie.

Om ’n meduimgroo­tte draagbare gasbottel rond te karwei vat ook natuurlik baie minder pakplek as 20 streepsakk­e braaihout, en jy gaan boonop ook meer met daardie gas kan kook.

As jy een Hollywood-aksiefliek gekyk het, weet jy dat gas kan ontplof. Daarom word dit in silinders geberg, vervoer en verkoop. In die vloeibare vorm wat dit onder druk in die silinder aanneem, sal dit nie sommer begin brand nie. Omdat die gas in vloeistofv­orm geberg word, word dit per gewig verkoop.

Wanneer die klep of kraantjie oopgedraai word, word die druk verlig en skakel die vloeistof om in ’n gas wat met die suurstof meng. As jy dan ’n vlam te voorskyn bring, sal dit begin brand. Daarom is gaslekkasi­es gevaarlik.

Daar word egter deesdae ’n reukmiddel by kookgas gevoeg om seker te maak dat lekplekke vinnig opgespoor word. So as jy iets skerp ruik, moenie eerste die hond of die knoffelbro­od blameer nie, kyk eerder of jou gaslyn nie ’n lekplek het nie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa