Weg! Ry & Sleep

FOTOGRAFIE-RUBRIEK

Maak mooier panoramafo­to’s

-

Nie alle tonele kan in een enkele foto vasgevang word nie. Pragtige uitsigte, soos dié by God’s Window of ’n lug vol wolke bo die Makgadikga­di-panne, lyk die mooiste as panoramas, en hiervoor sal jy ’n paar foto’s moet saamlas.

’n Goeie panorama word egter nie agter die rekenaar geskep nie. Die eerste stap is om die regte foto’s met die regte verstellin­gs te neem.

Hier is 10 maklike stappe vir die perfekte panoramafo­to, vanaf die regte lenskeuse tot hoe om die foto te las. Ek gebruik Adobe Lightroom, een van die beste fotografie­sagtewarep­rogramme wat op die mark beskikbaar is.

STAP 1: Verruil jou lang zoemlens vir ’n korter een. Iets soos jou 18-55 mm-standaardl­ens of ’n 24-70 mm-lens is perfek.

STAP 2: Skakel oor na Manual Mode (M) op jou kamera, en mik jou kamera na die neutrale deel van die toneel. Met ander woorde, as die linkerkant van jou toneel in skerp sonlig is, en die regterkant in die skadu, mik vir ’n plek iewers in die middel.

STAP 3: Skakel oor van continuous­shooting- modus (soos ’n masjiengew­eer) na enkelskote (soos ’n pistool) en kies ’n lensopenin­gwaarde van f/10 en ’n ISO-waarde van 400.

Verander dan die sluiterspo­edwaarde totdat daardie spesifieke area so mooi as moontlik lyk wanneer jy die foto neem. Die hele reeks sal nou met hierdie verstellin­gs afgeneem word.

STAP 4: Draai jou kamera vertikaal, mik na die verste linkerkant van die toneel wat jy wil vasvang, en neem ’n foto van jou linkerhand wat regs wys. As jy die foto’s afgelaai het, sal hierdie vir jou ’n aanduiding gee van waar jou reeks begin en in watter rigting jy die kamera beweeg het.

STAP 5: Neem nou ’n reeks vertikale foto’s wat mekaar met omtrent 20% oorvleuel. Maak seker dat die horison (as daar een is) oral op die foto’s ewe ver van die onderkant van die foto is.

STAP 6: Nadat jy die laaste foto geneem het, neem ’n foto van jou linkerhand wat links wys (ek gebruik gewoonlik my duim), en neem dan ’n tweede reeks foto’s in die teenoorges­telde rigting. Hoe meer reekse jy afneem, hoe beter is die kans dat jy goeie foto’s gaan kry.

STAP 7: Laai die foto’s af op jou rekenaar en maak hulle in Adobe Lightroom oop.

STAP 8: Sonder om die foto’s te redigeer, kies die kiekies van jou beste reeks (onthou om die foto’s met jou hand op weg te laat). Klik nou op “Photo” in die nutsbalk bo, en dan op “Photo Merge” en “Panorama” op die afsakspysk­aart ( dropdown menu).

STAP 9: Lightroom sal nou ’n voorlopige beeld skep van die foto’s wat jy saamgevoeg het.

Kies “Auto Crop”, speel ’n bietjie met die beelde regs, en klik dan op “Merge” wanneer jy die regte een kry. As jou foto’s nie genoeg oorvleuel nie, sal jy hulle nie kan saamvoeg nie.

STAP 10: Die saamgevoeg­de panoramafo­to (wat as ’n .dnglêer gebêre sal word), kan nou soos enige ander foto in RAWformaat geredigeer word. Gaan na die “Develop Module”.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa