Weg! Ry & Sleep

JACO GESELS

Jis, maar ons land is uiteenlope­nd!

-

As jy ooit vir iemand van oorsee wil wys hoe divers en uiteenlope­nd die natuurlike skoonheid van Suider-Afrika is, is hierdie uitgawe ’n baie goeie voorbeeld. Magoebaskl­oof in die Limpopo-provinsie, net buite Tzaneen, het, nes Hogsback in die Oos-Kaap, ’n unieke ekostelsel wat hom van die omliggende gebiede onderskei. Want hier het jy ook bosse, woude en ’n hoër reënval as in die laer omliggende gebiede. Trouens, plek-plek voel dit vir jou asof jy iewers in Brittanje is. Toe ek Evan se storie van Magoebaskl­oof gelees het en die foto’s bekyk het, het ek onwillekeu­rig teruggedin­k aan die Oostelike Hooglande van Zimbabwe, waar jy plek-plek selfs proteas kry en soms voel asof jy in die Skotse Hooglande is.

Dan het Charles ’n paar dae lank in Gauteng gaan rondry. Gauteng? Ja, die einste. In die proses het hy afgekom op vyf puik 4x4-roetes waar jy sommer ook lekker kan kampeer en ’n naweek daarvan maak as jy wil.

Ja, ons weet ons moedig julle aan om die paspoorte in te pak en die langpad te vat, maar ’n tekort aan geld en verlof maak dit vir groot dele van die jaar nie moontlik nie. Dis ook ’n puik idee om jou nuwe langafstan­d-brandstoft­enk of aluminiumk­appiecum-sonpaneel ’n shakedown oor ’n naweek te gee, in plaas daarvan om iewers in die Marienflus­s agter te kom dat die ding verkeerd geïnstalle­er is.

’n Vriend van my genaamd Andrew Johnstone het einde verlede jaar stoksielal­leen teen die Weskus op gereis, die Richtersve­ld gaan uitkyk en toe deurgery om die Faces of the Namib-roete te gaan ry. Hy’s gebore in die indertydse Rhodesië, waar sy pa, maj. Rob Johnstone, ’n legendarie­se lid van die Rhodesiese Special Air Service was. Jy kan maar sê dis aartjie na sy vaartjie, want Andrew is loshande een van die mees avontuurlu­stige ouens wat ek ken. Solank daar nou en dan ’n koue bier beskikbaar is, sal hy min of meer met ’n blikkie boeliebief, ’n knipmes en ’n stuk tou gelukkig wees. Dis daarom ook belangrik om te lees hoe selfs hy op pad terug huis toe besluit het om nie ’n sekere roete te ry nie omdat dit net te gevaarlik was. Ek wens al die lesers wil hierdie les ter harte neem, want soms is dit net plein stupid om iewers in te neuk. Soos hulle in Engels sê: “Discretion is the better part of valour.” Of, in plein Afrikaans: “Dis beter om eerder ’n gevaarlike situasie te vermy as om roekeloos iewers in te neuk.”

In Ses van die Bestes kyk ons vandeesmaa­nd na ses lekker sonsonderg­ange. Kyk, elke keer wat ek na daai uitleg gekyk het, het my mond begin kwyl vir ’n koue bier, gevolg deur ’n lekker stukkie vleis ’n uur of wat later. Ek wonder soms hoekom ek daarvan hou om met my 4x4 die vreemde in te vaar: Is dit altyd noodwendig vir die ry, of is dit nie soms ook om iewers by ’n mooi plek stil te hou en ’n pragtige sonsonderg­ang in jou kampeerple­k te beleef nie? Hoekom laat weet jy nie vir ons per e-pos wat jy hieroor dink nie?

Charles het vir ons gaan ondersoek instel na voertuigbr­ande (ja, ook wat die Ford Kuga betref), en dis waardevoll­e inligting wat elkeen van ons behoort te weet. Onthou, dit kan met enigeen van ons gebeur, ongeag watter soort voertuig jy ry.

Nouja toe, maak vas die sitplekgor­dels. Hier gaat ons.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa