Weg! Ry & Sleep

MEDEWERKER­S

4x4-ouens kan ook “diep” wees

-

Andrew het sy Desember-vakansie op ’n alleenreis deur die Richtersve­ld en Namibië spandeer. Hy deel sy avontuur, en ’n bietjie selfreflek­sie, in ’n reisstorie met ons. Wat is jou eerste toerherinn­ering? Die kere toe ek in Vic-valle se reënwoude gestap het en op die strand in Beira, Mosambiek, kon baljaar. Die lekkerste plek in die bos waar jy al was? Dit sal onregverdi­g van my wees om net een te kies, maar die Sperrgebie­t wat ek op hierdie reis besoek het, is beslis ’n goeie kandidaat. Wat is die beste reiswenk wat jy nog gekry het? Hou genoeg spasie oop! Te veel goeters is nooit ’n goeie belegging nie. En dit geld eintlik vir afstande, tyd, toerusting, bestemming­s en doendinge. Toer jy blindeling­s, of beplan jy jou reis? ’n Paar GPS-koördinate, ’n basiese doenlys en ’n vertrekdat­um is gewoonlik genoeg vir my. Watter plek in Suid(er)-Afrika wil jy graag besoek? ’n Paar van die minder bekende dele van Angola. Is daar ’n reisskrywe­r se werk wat jy graag lees? Daar is ’n hele paar op aanlynforu­ms. Dié wat ek die meeste geniet, is ook met motorfiets­e deurmekaar. Hulle gebruik aanlynname, soos Metaljocke­y, Colebath en Michnus, op PikiPiki.co.za. Watter musiek prop jy in as jy reis? Ek luister net af en toe na musiek. Ek vind dit trek my aandag af en vervreem my van die omgewing omdat dit selde gepas voel vir die plekke waar ek reis. Voor ek sterf … Ithuba se hoofkantoo­r om my Lottowenka­artjie op te pik sodat ek meer van Suider-Afrika kan sien!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa