Weg! Ry & Sleep

BOSKALENDE­R

Kom 4x4 by die KKNK!

-

APRIL DUST SERIES

Waar: Wes-Kaap, Gauteng, Vrystaat en Mpumalanga Wanneer: April tot November Hoekom jy moet gaan: Die Dust Series is ’n 4x4uitdaag­reeks wat vanjaar groter as ooit is en nou 10 kwalifiser­ende uitdunne in 4 provinsies het. Die eerste uitdagings vind plaas op 1 April in die Wes-Kaap en Gauteng en daaropvolg­ende rondes vind plaas in Mei, Junie, Julie en September voor die groot finaal van 24 tot 29 November in die TankwaKaro­o plaasvind. Die reeks sal jou 4x4vernuf in ’n verskeiden­heid terreine en tegniese uitdagings toets. Meer inligting: www.dustmedia. co.za of Dust Media op Facebook.

WILDEBEEST 4X4 CHALLENGE SERIES

Waar: Wes-Kaap Wanneer: April tot Desember Hoekom jy moet gaan: Die Wildebeest Challenge Club is ’n organisasi­e sonder winsoogmer­k wat deur die jaar ’n reeks 4x4-uitdagings in die Wes-Kaap aanbied. Daar is sewe verskillen­de klasse wat standaardv­oertuie, aangepaste voertuie en selfs pypkarre insluit. Die byeekoms bly groei en daar is tussen 30 en 40 deelnemers en sowat 650 toeskouers by elke byeenkoms. Meer inligting: www.4x4wcc.co.za/#events

WINDPOMP-FEES

Waar: Naboomspru­it Wanneer: 27 tot 29 April Hoekom jy moet gaan: Hierdie jaarlikse fees is propvol aktiwiteit­e, van ’n lang lys gaskunsten­aars, soos Andries Vermeulen en Adam Tas, tot kosstallet­jies, uitstallin­gs, ’n ploegkompe­tisie, ’n mini-sirkus en ’n 4x4-uitdaging. Meer inligting: www. windpompfe­es.co.za

BLOEMSKOU

Waar: Bloemfonte­in-skouterrei­n Wanneer: 27 April tot 7 Mei Hoekom jy moet gaan: Hierdie is ’n bielie van ’n fees met meer as 400 uitstaller­s, 30 kosstallet­jies, musiekvert­onings, perd-, skaap- en beeskampio­enskappe, en natuurlik ook ’n 4x4-hindernisb­aan. Bring die familie, want hier is baie om te sien en doen en hope tyd daarvoor ook, want die fees duur ’n hele 10 dae! Meer inligting: www. bloemskou.co.za

MEI OUTDOOR X

Waar: Malonjeni-gasteplaas, Vereenigin­g Wanneer: 27 en 28 Mei Hoekom jy moet gaan: Die skou fokus op alles wat met die buitelewe te doen het en bied iets vir almal, of jy nou lief is vir kampeer, jag, visvang, boogjag of natuurlik 4x4-ry. Benewens die uitstallin­gs is daar ook musiekoptr­edes, hope stalletjie­s en aktiwiteit­e vir kinders. Meer inligting: www. outdoorx.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa