Weg! Ry & Sleep

Verken Zimbabwe saam met ons

Voel jy avontuurlu­stig? Kom saam met ons op ’n 13 dag lange selfrytoer deur Zimbabwe en besoek plekke soos die Matobo Nasionale Park, die Groot Zimbabwe-ruïnes, Manapoele, die Karibameer en die Hwange Nasionale Park.

-

WAT JY KAN VERWAG DAG 1

Ons ontmoet mekaar by die Plumtree-grenspos net noord van Francistow­n, Botswana, en gaan saam oor die grens. Indien nodig sal ons mense oor die grens help. Ons kampplek, met ’n mooi uitsig oor die Matobo-heuwels, is omtrent ’n uur se ry ver. Die aand bespreek ons die toer oor ’n heerlike aandete en leer mekaar ken.

DAG 2

’n Zimbabwies­e spesialist­oergids en -operateur neem ons na die Matobo Nasionale Park, waar ons heeldag wild kyk en die pragtige omgewing geniet. Ons besoek ook die laaste rusplek van Cecil John Rhodes.

DAG 3

Ons mik vir Bulawayo via Masvingo en koop voorraad en brandstof op pad. Dan spandeer ons die middag by Groot Zimbabwe en kampeer in die rustige wêreld van dié eertydse ommuurde stad.

DAG 4

Ons mik noord na Manapoele, maar kampeer eers vir een aand op pad en besoek die Chinhoyi-grotte.

DAG 5, 6 & 7

Nou begin die ware avontuur! Ons slaap die volgende drie nagte by die Manapoele op die oewer van die Zambeziriv­ier en ons spesialisg­ids en -toeroperat­eur is weer daar. Maak jou reg vir olifantbes­oeke, seekoeie, nuuskierig­e leeus en buffels wat oral wandel. Jy het twee dae om op wildritte te gaan en die omgewing is ’n paradys vir voëlkykers en fotograwe. Jy kan ook op begeleide staptoere gaan of ’n visvangper­mit koop.

DAG 8

Ons kamp op die meeroewer by die klein toeristedo­rp Kariba en geniet aandete in die kamp se restaurant.

DAG 9

Vandag is ’n rusdag, want ons pak eers môre weer kamp op. Daar is tyd om yskaste en brandstoft­enks vol te maak en die Kariba-damwal te besoek. Teen skemer gaan ons op ’n bootrit op die Karibameer.

DAG 10

Ons vertrek vroeg om ons bestemming vir die aand te haal: die dorp Binga, waar ons reg langs die meer kamp. Die smal grondpad neem ons oor talle rivierkrui­sings en ’n pragtige bergpas met mooi uitsigte oor die Karibameer.

DAG 11

Ons kies koers na ons kampplek vir die volgende twee nagte net buite die Hwange Nasionale Park.

DAG 12

Ons ry heeldag rond op Hwange se goeie padnetwerk en kyk wild. Hier is talle skuilings vanwaar jy die diere en voëls sommer van naby kan sien.

DAG 13

Ná ’n fris ontbyt sê ons tot siens. Jy kan nou self Victoria-waterval toe ry of die tog huis toe aanpak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa