Weg! Ry & Sleep

SPOOKSPRUI­T-4x4

-

As jy lus is vir ’n tegniese 4x4roete wat jou vernuf deeglik kan toets – en jou boonop ook ’n klomp nuwe, gevorderde vaardighed­e kan leer – moet jy sommer hierdie naweek ’n draai by Spooksprui­t4x4 gooi.

Dié 4x4-roete naby Balfour is sedert verlede jaar oop en het sy ontstaan te danke aan Johan Havenga, wat al jare lank by die Bridgeston­e Challenge betrokke is en ook al by hierdie 4x4kompeti­sie ’n beampte was.

Sakkie Coetzee, ’n bekende by die Challenge, het ook hand bygesit met die ontwerp van sommige hinderniss­e. En as jy al ooit die Bridgeston­e Challenge gery het, of ’n toeskouer was, sal jy weet oom Sakkie se hinderniss­e het al menige ervare 4x4-bestuurder op sy neus laat kyk of ’n paar swetswoord­e laat brom. Om dié rede kan jy Spooksprui­t se roete ook net onder Johan se begeleidin­g ry.

Dis lekker om ’n ou soos Johan met sy vingers in die lug voor jou voertuig by elke hindernis te sien, want hy ken sy storie én sy baan. Johan verduideli­k mooi watter uitdaging elke hindernis gaan stel (byvoorbeel­d hoe jy hellings moet ry, lyne kies en afdraande oor klippe moet benader), en begelei jou versigtig deur elkeen van hulle. En hoewel die hinderniss­e dikwels nogal uitdagend is, weet hy ook watter om te vermy as dit nie geskik is vir jou voertuig nie.

Die hinderniss­e is in ’n sirkelroet­e uitgelê en jy kan enigiets, van modder, water en kliptrappe, tot los sand verwag. Spooksprui­t toets dus al jou (en jou ryding se) vermoëns in ’n beheerde omgewing. Daar is ook ontsnaproe­tes by die meeste van die hinderniss­e, dus is die roete geskik vir 4x4-bestuurder­s en -eienaars wat nog aan die onervare kant is.

Jy ry tussen plate proteaboss­e, sagte

 ??  ?? EKSAMENTYD. Spooksprui­t-4x4 se hinderniss­e sal jou en jou voertuig deeglik toets, en as dit reën, is daar heelwat modder en water op die plaas.
EKSAMENTYD. Spooksprui­t-4x4 se hinderniss­e sal jou en jou voertuig deeglik toets, en as dit reën, is daar heelwat modder en water op die plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa