Weg! Ry & Sleep

MOETS EN MOENIES

-

Omdat gas gevaarlik is, is hier ’n paar veiligheid­swenke. Gebruik die regte pype. ’n Stukkie tuinslang is nie goed genoeg om jou gasbottel aan die gasstoof te koppel nie. Maak altyd seker die pype is regte kookgaspyp­e en dat dit nie gekraak of gebars is nie. Dit is gewoonlik in ’n pyp of rondom ’n haastige koppeling waar ’n lekplek ontstaan. Oop spasies. Dit is gevaarlik om kookgas in oormaat in te asem. Om dit te verhoed, maak altyd seker dit word in ’n plek met goeie ventilasie geberg en gebruik. Om dus al jou bakkie se kappiedeur­e toe te maak en dan jou stofie daar binne aan te steek, is moontlik nie die beste idee nie. Verkeerdom. Gasbottels se krane en kleppe draai in die teenoorges­telde rigting van waterkrane toe. Hou dit maar altyd in gedagte as jy besluit om die gas skielik toe te draai as die vlamme te hoog raak. Jy kan dit dalk net nóg hoër laat skiet. Alles toe. As jy klaar gekook het, maak alle kleppe en krane toe. Moenie agterlosig wees en dink net een toe klep in ’n gaslyn is genoeg nie. Dit is ook ’n goeie gewoonte sodat jy weet jy moet elke keer al die kleppe weer oopmaak as jy die gas wil aansteek. Bêre jou gereedskap. Gassilinde­rs word onder streng gehaltebeh­eer vervaardig en geïnspekte­er. Moenie self besluit om gou iets self reg te maak nie. Die profession­ele ouens is daar om ’n rede. Moet ook nie sommer self probeer gaspype verleng sonder die regte toerusting nie. Vlam eerste. Om die kanse op geskroeide wenkbroue (en erger) te verminder, maak altyd seker jou vuurhoutji­e of aansteker brand voordat jy die klep oopdraai. Sodra jy dit oopdraai, begin die gas ontsnap, en hoe langer jy sukkel om die vuurhoutji­e aangesteek te kry, hoe meer gas vul die spasie rondom die stoof, wat ’n groot vuurbal tot gevolg kan hê as jy uiteindeli­k ’n vlam nader bring. ’n Heel bottel is ’n goeie bottel. As jou gasbottel heeljaar bo-op jou bakkie se dak vasgebout is, kyk maar gereeld of die metaal hom nie dalk iewers beskadig nie. Enige skaafmerk wat deur die verf gaan, kan die begin van groot moeilikhei­d wees. Gooi maar gereeld ’n ogie oor jou bottel, en as jy skade sien, laat hom nagaan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa