Weg! Ry & Sleep

GAUTENG-ROETES

Ongeloofli­ke 4x4-roetes net ’n uur vanaf Johannesbu­rg en Pretoria.

- TEKS EN FOTO’S: Charles Thompson

Daar is min dinge wat kan kers vashou by ’n lang ekspedisie na ’n 4x4-bestemming ’n paar dae se reis van die huis af. Maar so ’n toer verg beplanning, ’n goeie verhouding met jou bankbestuu­rder en, bowenal, baie tyd. Daarom het ons vandeesmaa­nd gaan kyk watter lekker 4x4-dagroetes jy naby die huis kan ry as jy in Gauteng woon.

Hier hoef jy nie ’n paar duisend kilometer te ry voordat jy daai laestrekra­tkas ’n bietjie werk kan gee nie. Hierdie roetes is nie een meer as ’n uur se ry van die stad af nie. En wanneer jy daar tussen die klippe deur kruie, ’n fris bult stormloop, of die modder van jou voorkop afvee ná ’n uitdagende waterhinde­rnis, sal jy gou besef dat jy eintlik reeds in die hart van Afrika woon, met die natuur óp jou drumpel.

Heidelberg-4x4 is nie ’n roete wat jy maklik gaan teëkom as jy na naweekplan­ne op Google soek nie. Al is dié roete al jare lank oop, het die eienaars nog nooit ’n behoefte aan ’n webwerf gehad nie. “Ons wil net ’n plekkie wees waar buitelugli­efhebbers uit die stad kan kom en ontspan,” sê Henry Dewitt, “en mense hoor maar by ander buitelugli­efhebbers en veldry-entoesiast­e van ons.”

Heidelberg-4x4 sit net buite dié Gautengse dorp teen die kenmerkend­e klipperige koppe van die Suikerbosr­andomgewin­g. Ná goeie somerreën is die veld hier rond lowergroen, met strome water wat tussen die sandsteenr­otse uitsypel en stamvrugte en wildepersk­es oral waar jy ry.

Die bergroete sal jou 4x4-vernuf toets, maar alhoewel jy groot klippe en steiltes moet baasraak, is dit nie ’n erg tegniese paadjie nie. Een van jou passasiers moet dalk af en toe uitspring om jou oor ’n rots, asknoper of deur ’n skerp draai te begelei, maar verder is dit net ’n lekker klim teen die koppie uit.

Heidelberg-4x4 is ook ’n gewilde bestemming vir veldfietsj­aers, wat die koppies gebruik om onder meer vir die Roof of Africa-wedren te oefen. Hulle gebruik egter ’n ander deel as die 4x4-roete, dus krap die 4x4’s en motorfiets­e nooit in mekaar se slaai nie.

Teen die voet van die heuwels is daar nóg twee areas om te ry – ’n ou gruisgat en ’n klompie hinderniss­e naby ’n reeks klein damme. Jy kan die gruisgat so moeilik of maklik maak soos jy wil. Jy kan óf ’n rustige grondpadro­ete saam met jou familie tussen die bome en gras deurry, óf jy kan jou ryding deur modderhind­ernisse en teen steil bulte uitjaag.

Die hindernisb­aan is die moeilikste van die spul. Hier moet jy beslis weet wat jy doen as jy die steil bulte vol los gruis, diep dongas en afdraande vol klippe en asknopers wil baasraak.

Die eiendom het ook ’n klein swembad en ’n klimraam, groot grasperke waar die kinders kan rondhardlo­op en heelwat braaiplek.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? NET GENOEG. Die bergroete is ’n klipperige koppiepad. Dis laestrekwê­reld, maar nie so moeilik dat jy vergeet om die uitsig te geniet nie.
NET GENOEG. Die bergroete is ’n klipperige koppiepad. Dis laestrekwê­reld, maar nie so moeilik dat jy vergeet om die uitsig te geniet nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa