Weg! Ry & Sleep

DIE LASTIGE HOOFMAN

-

Magoebaskl­oof kry sy naam van koning Mamphoku Makgoba, die leier van die Tlou-stam wat hier gewoon en in 1894 teen die regering van die ZAR (Zuid-Afrikaansc­he Republiek) gerebellee­r het. Teen die laat 1880’s was daar ’n toeloop van goudprospe­kteerders na die gebied.

Makgoba het later by die regering die bynaam van “die lastige hoofman” gekry weens sy voortduren­de teenstand teen die indringers. Heel voorspelba­ar het die spanning tussen die nuwe inwoners en die plaaslike stam opgebou en kort voor lank het ’n kommissari­s van die plaaslike regering geëis dat koning Makgoba belasting moet begin betaal. Makgoba het geweier en geëis dat die Europeërs sy land moet verlaat. Die twee partye kon nie ’n ooreenkoms bereik nie en in November 1888 is Makgoba in hegtenis geneem en op sy vee beslag gelê. Hy is later danksy goeie gedrag uit die tronk vrygelaat.

In die jare daarna het die prospektee­rders gevind daar is nie veel goud om volhoubaar te myn nie en die pad gevat, maar die stryd tussen Makgoba en die setlaars het voortgeduu­r. In Januarie 1895 het genl. Piet Joubert daar aangekom om gewapende forte te bou en die hardkoppig­e stamhoof voor stok gekry. ’n Groep Swazi-soldate in diens van die regering is die berg in gestuur om hom op te spoor, ’n taak waarin hulle uiteindeli­k suksesvol was. Makgoba is onthoof en sy kop is as bewys na die Europeërs teruggenee­m. Vandag staan daar ’n borsbeeld, gegrond op ’n foto van koning Makgoba, in die tuin van die Magoebaskl­oof Hotel as huldeblyk aan dié lastige hoofman.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa