Weg! Ry & Sleep

EK WIL OOK GAAN!

- Kontak: Henry Dewitt 072 142 9685, hedwitt@gmail.com

Naaste dorp: Heidelberg, Gauteng. GPS: S26.579330 E28.353287

Hoe lyk die roetes? Die bergroete is ’n klipperige tweespoor wat jou tot op ’n koppie en weer terug na die plaas vat. Dit duur sowat 2 uur om die roete te voltooi.

Die ou gruisgat is ’n kombinasie van veldpaadji­es en modderhind­ernisse ná goeie reën. Jy kan egter besluit watter van die hinderniss­e jy wil takel en as jy nie wil deurry nie, kies jy bloot ’n ander paadjie.

Die hindernisb­aan is ook ’n kombinasie van hinderniss­e. Hier sal jy steil bulte, dongas, modder en asknopers teëkom.

Het ek ’n 4x4 nodig? Jy sal die veldpaadji­es om die gruisgat in ’n 4x2 met ’n ewenaarslo­t kan ry, maar vir die bergroete en hindernisb­aan het jy ’n 4x4 met ’n agterste ewenaarslo­t en die regte bande nodig. (Highway Terrains gaan dus nie werk nie.) Die hindernisb­aan is vir ervare bestuurder­s ontwerp en die eienaars beveel ook aan dat jy dit nie alleen probeer ry nie, dus is ’n minimum van twee voertuie (met herwinning­stoerustin­g) nodig.

Waar kan ek bly? Heidelberg-4x4 het verskeie boskampple­kke waar jy heerlik afgesonder is van die mensdom.

Wat kan ons nog doen? Daar is ’n piekniekar­ea met braaigerie­we en baie koelte, ’n klimraam, klein swembad, afdakke wat oor ’n gruisgat uitkyk en ablusieger­iewe vir dagbesoeke­rs. Jy kan ook hier motorfiets en bergfiets ry, of sommer net stap.

Koste: R200 per voertuig en R30 per insittende as jy die roetes ry, R40 per persoon as jy net kom piekniek hou of stap. Kampering kos R100 per persoon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa