Weg! Ry & Sleep

EK WIL OOK GAAN!

Naaste dorp: Hartebeesp­oort. GPS: S25.669651, E27.946093

-

Hoe lyk die roetes? Die wildkykroe­te is meestal ’n maklike tweespoorp­ad deur die Magaliesbe­rge met hier en daar ’n hindernis wat jy kan ry as jy wil. Die 4x4-baan is ’n reeks uitdagende hinderniss­e waarvoor jy ’n voertuig met laestrek, agterste ewenaarslo­t en verkieslik onderstelb­eskerming moet hê. Die 4x4-oefenbaan is ’n maklike reeks hinderniss­e wat van beton gebou is. Hier kan jy opdraandes, afdraandes, asknopers en waterkruis­ings in ’n veilige, nagemaakte omgewing oefen. Sien dié roete by www.tracks4afr­ica.co.za.

Het ek ’n 4x4 nodig? ’n Nutsvoertu­ig of bakkie met goeie grondvryho­ogte sal deug op die wildkykroe­te, maar jy’t laestrek, ’n agterste ewenaarslo­t, goeie naderings- en vertrekhoe­ke en senuwees van staal nodig vir die 4x4-baan. Waar kan ek bly? De Wildt-4x4-wildpark het ’n lang lys verblyfops­ies, van ’n kampeerter­rein tot een-, twee- en drieslaapk­amerselfso­rgeenhede. Jy kan selfs ’n klein “tentdorp” met 10 tente en sy eie lapa, boma, braaiplek en swembad huur.

Wat kan ons nog doen?

Koste: Dit kos R120 per persoon per nag in die kampterrei­n en jy betaal R120 vir die staanplek. Pryse vir die selfsorgee­nhede wissel van R250 tot R1 700. Die tentdorp kos R8350 per nag. Gesels ook met De Wildt oor hulle ander verblyfpak­kette waardeur jy ’n kombinasie van tente, selfsorgee­nhede en lapas kan huur. Kontak: 083 268 8185; 083 253 4641;

info@dewildt4x4.co.za; Facebook: De Wildt Trail.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa