Weg! Ry & Sleep

6 MOET-DOEN- DINGE!

-

1 EET ’N HAENERTSBU­RGER

Daar is ’n hele paar lekker restaurant­e in Haenertsbu­rg, maar by die Iron Crown Pub is daar ’n maaltyd op die spyskaart wat uit bestanddel­e uit die streek gemaak word. Stel jouself voor: tuisgemaak­te mayonnaise, organiese blaarslaai en kaas van Wegraakbos­ch, heuning-geroosterd­e makadamian­eute van Tupelo, bessieblat­jang van Magriet’s in die dorp en plaaslike avokado op jou keuse van een van ses verskillen­de tuisgemaak­te patties. Voeg ’n Zwakala-bier by en jy het ’n volledige local is lekker-maaltyd!

2 PROBEER VLIEGHENGE­L

Een van die gewildste doendinge in Magoebaskl­oof is vlieghenge­l. Daar is verskeie damme en riviere waar jy kan lyn gooi vir forel en baie van die verblyfple­kke het hulle eie viswaters. Dit is meestal ’n vang-en-vrylaat ( catch and release)- stelsel sodat daar ’n gesonde visbevolki­ng kan voortbesta­an. Permitte en stokke is by die Haenertsbu­rg Trout Associatio­n beskikbaar. Meer inligting: www.magoebaskl­ooftourism. co.za/fishing.php

3 VERKEN DIE WOUD TE VOET

Magoebaskl­oof het van die mees ongerepte inheemse woude asook die hoogste denne- en bloekompla­ntasies in die land. Dis een ding om daar deur ry, maar die regte skoonheid van die bome kan net ordentlik te voet op die versamelin­g staproetes in die gebied gewaardeer word. Roetes wissel van kort daguitstap­pies tot die 50 km, drie dag lange Magoebaskl­oof-staproete. Meer inligting: www.magoebaskl­ooftourism.co.za/ hiking.php

4 SIT MODDER OP JOU 4X4

Daar is baie grondpaaie deur die woude en plantasies (soos Woodbrush Forest Drive, die Old Coach-pad en die pad na Serala-staatsbos) wat lekker daguitstap­pies maak. Baie van die paaie is net in ’n 4x4 begaanbaar, veral as dit reën. As jy egter ’n groter uitdaging soek, kan jy die hindernisb­aan by The Hub in George’s Valley probeer of ’n begeleide 4x4-uitstappie deur een van hulle konsessies bespreek. Kontak georgesval­ley4x4@gmail.com

5 LAAT DIE ADRENALIEN VLOEI

As jy in ’n avontuurlu­stige bui is, maak ’n draai by Magoebaskl­oof Adventures in George’s Valley om die Groot Letaba-ravyn op ’n unieke manier te verken. Hier kan jy met glykabel ( zipline) oor die rivier rits, deur stroomvers­nellings in ’n opblaasban­d tuimel of teen die kranse af abseil. Meer inligting: www.magoebaskl­oofadventu­re.co.za.

6 SIEN ’N SKAARS VOËL

Die inheemse woude rondom Magoebaskl­oof en die Haenertsbu­rg-grasvelde is van die land se beste voëlkykgeb­iede. Die skaars Swartoogbo­slaksman kom in ’n paar spesifieke stukkies woud hier voor. By Kurisa Moya Nature Lodge is daar twee van die land se beste gidse, David Letsoalo en Paul Nkhumane, wat jou verseker sal help om ’n paar spesies op jou lys af te merk. Meer inligting: www.magoebaskl­ooftourism. co.za/birding.php

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa