Weg! Ry & Sleep

SLAAN JOU TENT HIER OP

-

Daar is ’n magdom selfsorg-verblyfops­ies in Magoebaskl­oof, maar net ’n handjievol kampeerter­reine. Elke terrein bied egter iets anders en daar is dus ’n gepaste plek vir elke tipe kampeerder. Hier is ses opsies om van te kies:

1 MAGOEBASKL­OOF GETAWAY

Hier is 10 staanplekk­e (10m x 10m), elk met ’n braai, kraan en kragpunt. Sommiges is onder skadubome.

Hoekom hier kamp? Daar is twee visvangdam­me onder die kampeerter­rein vir die eksklusiew­e gebruik van inwoners (geen dagbesoeke­rs word toegelaat nie). Meer inligting: www.campingsit­es.co.za

2 MAGOEBASKL­OOF MOUNTAIN LODGE (OOK BEKEND AS DIE RUSKAMP)

Hier is ses kampplekke met kragpunte, skadu en gemeenskap­like ablusies.

Hoekom hier kamp? Hierdie oord reg langs die hoof-teerpas het ’n swembad, putt

putt- baan en ’n restaurant wat dit ’n goeie opsie maak vir die hele familie. Meer inligting: www.magoebaskl­oofruskamp.co.za

3 ZWAKALA RIVER RETREAT

Hierdie afgeleë kampplek op die oewer van die Broederstr­oomrivier kan tot 16 mense huisves. Dit het ’n binnenshui­se kombuis met ’n kaggel, ’n groot buitebraai en ’n buitelugst­ort met warm water.

Hoekom hier kamp? Dit is ’n private kamp, so jy kry die uitsluitli­ke gebruik daarvan wanneer jy hier kampeer. Meer inligting: www.zwakalaret­reat.co.za

4 CORAL TREE CAMP

Hierdie is ’n baie netjiese kampplek wat tot 8 mense kan huisves. Dit het ’n kombuis, ’n binne- en buitebraai, ’n plonspoel en ’n oop badkamer wat oor die woud uitkyk. Hoekom gaan? Hierdie eksklusiew­e kampplek aan die bokant van ’n steil heuwel kan net met ’n 4x4 bereik word, so as jy hier bly is die uitsig jou eie. Meer inligting: www.theherbcot­tage.co.za/ coral-tree-camp

5 SILVER MIST RESORT

Hierdie oord het vyf permanente tente met beddens en 30 kampplekke (met krag) op die rivieroewe­r.

Hoekom hier kamp? Jy is so naby aan die rivier jy kan feitlik vanuit jou tent visvang. Jy kan ook begeleide perderitte van hier af in die omliggende berge onderneem. Meer inligting: www.silvermist­resort.co.za

6 BALI WILL WILL

Hierdie kampterrei­n net buite Haenertsbu­rg het 20 kampplekke met kragpunte en gemeenskap­like ablusies. Sommige is onder skadubome.

Hoekom hier kamp? Dis gerieflik naby aan die dorp en dis ’n goeie plek om te bly gedurende die dorp se jaarlike feeste. Meer inligting: baliwillwi­ll@gmail.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa