Weg! Ry & Sleep

DRADERIGE VARK OP DIE KOLE

-

Vir die pot

Maak die marinade by die huis aan en ry dit bevrore saam kampplek toe in ’n Ziploc-sakkie. Jy benodig (genoeg vir 6) 1 varkblad van 1,5 kg 1 blik (410 g) pynappel in sap 2 teelepels gerasperde gemmer 2 knoffelhui­sies, fyngedruk 2 / 3 koppie sojasous 2 / 3 koppie tamatiesou­s ¼ koppie rys- of appelasyn 2 eetlepels rissiesous (Sriracha werk goed) VIR DIE PYNAPPELSA­LSA 1 koppie gekapte vars pynappel 2 koppies gekapte kool 3 eetlepels Griekse jogurt 1 eetlepel suurlemoen­sap 1 eetlepel bruinsuike­r 4 stingeluie, gekap 3 eetlepels gekapte vars koljander (opsioneel) gekapte vars rissie na smaak Só maak jy 1 Braai die vark in ’n platboomsw­artpot tot dit oraloor mooi goudbruin is. (Jy kan ook dié stap weglaat, maar die braaigeur is heerlik.)

2 Meng die res van die bestanddel­e saam. Gooi die helfte van dié pynappelso­us by die pot saam met 2 koppies water. Sit die deksel op.

3 Prut dit oor matige kole vir 3-4 uur of tot die vleis van die been afval. Hoe langer jy dit kook en hoe laer die temperatuu­r, hoe beter die resultate.

4 Trek die varkvleis sommer in die pot met twee vurke uitmekaar. Verwyder enige vel of bene. Meng die res van die pynappelso­us na smaak deur die fyngemaakt­e vleis, proe en voeg sout en gemaalde swartpeper na smaak by. Sit die deksel op en sit die pot terug op die hitte.

5 Meng al die bestanddel­e vir die pynappelsa­lsa.

6 Eet skeppies van die vleis en pynappelsa­lsa in tortillawr­aps op of rys. Kaas en avokadosky­fies daarby is ook lekker.

Weg Ry & Sleep sê As jy die pot voor slapenstyd een keer vinnig tot kookpunt verhit en dit dan half toegekrap in louwarm kole los, is die blad môreoggend perfek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa