Weg! Ry & Sleep

Kry Sleepseker-versekerin­g

Het jy al jou woon- of boswa iewers anderkant Augrabies verloor, of bedremmeld met ’n pap band gesit op pad na Badplaas? Neem Sleepseker-versekerin­g uit en kry gemoedsrus.

-

Ons het die afgelope jare al verskeie innovasies in die woonwa- en kampeerwêr­eld bekend gestel, en nou het ons, saam met CaraSure, nóg ’n produk wat vir ons lesers van waarde kan wees: sleepverse­kering! Met die versekerin­gsproduk Weg Ry &

Sleep SleepSeker het ons ’n spesiale tarief vir lesers beding. Die versekerin­g dek woonwaens, boswaens en ryhuise. Daar is twee pakkette beskikbaar: SleepSeker Prestige SleepSeker-dekking SleepSeker-inhoud (van R30 000) SleepWeg-padhulp SleepSeker Ekono SleepSeker-dekking SleepWeg-padhulp

Die voordele behels

Sleepdekki­ng Die rytuig het omvattende versekerin­g wat ongelukke, kwaadwilli­ge skade, stormskade, diefstal, kaping én brand dek. SleepSeker-inhoud Dekking vir besittings ter waarde van altesame R30 000 word by die Prestige-pakket ingesluit. Jy het die opsie om teen ’n ekstra premie jou inhoud tot R45 000 of R60 000 te verseker. Dit sluit in: beddegoed, kombuiswar­e, klere, elektriese toestelle, woonwa- en tentbykoms­tighede en -toerusting, sowel as tente (koepeltent­e, gewone tente en sonafdakke).

SleepWeg-padhulp Dit sluit in die wegsleep van die sleepvoert­uig en sleepding in padnoodgev­alle. Plus: – Bystand langs die pad Hulp met pap bande, sleutels wat in die ontspannin­gsvoertuig toegesluit word, as jy sonder brandstof gaan staan, ongelukke en dies meer. – Die terugbring van rygoed uit buur

lande Dit sluit in Namibië, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek, Lesotho, Swaziland, Malawi en Zambië en dek noodgevall­e (soos ongelukke). – Mediese ontruiming­s Algemene raad en

’n bystandlyn plus mediese nooddienst­e.

Hoekom by ons verseker?

Weg Ry & Sleep het ’n vennootska­p met CaraSure gesluit, ’n maatskappy wat spesialise­er in die versekerin­g van sleepgoed en ontspannin­gsvoertuie in Suid-Afrika. Die SleepSeker Prestige- sowel as Ekonopakke­t sluit krediettek­ort-opsies in. Hierdie ekstra dekking maak voorsienin­g vir die uitstaande bedrag plus rente wanneer daar ’n algehele verlies van die voertuig is. Omdat ons ’n vennootska­p met CaraSure gesluit het, weet ons dat ons met spesialist­e in die versekerin­gsbedryf werk – ’n maatskappy wat ook die behoeftes van kampeerder­s verstaan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa