Weg! Ry & Sleep

PA SE HUISBAKKIE

Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by rysleep@weg.co.za of Weg Ry & Sleep, Posbus 740, Kaapstad 8000. Onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbeso­nderhede te gee. Weg Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en ve

- CHRIS PAPENFUS Port Elizabeth

My pa, Ken, het sy kinderjare in Pretoria deurgebrin­g, waarna hy in 1953 na Virginia in die Vrystaat verhuis het.

Hier het hy hom as boukontrak­teur gevestig, en later jare het hy onder meer die museum van die Voortrekke­rmonument op Winburg gebou.

Ek sit vandag en kyk na Pa se ou foto’s. Hy moes seker dan en wan weer ’n draai in Pretoria gemaak het.

Die Hartbeespo­ortdam is op een van die swart-en-wit foto’s; dit is in 1957 geneem en die dam se omgewing lyk nog ongerep teenoor vandag.

Net soos met die bouery het Pa se hande vir niks verkeerd gestaan nie. Op nog ’n foto staan ou seil-en-hout-kampstoele agter ’n bakkie, maar nog meer opvallend is die bakkie self.

Agter op die bak is ’n houthuisie geïnstalle­er waarvan die deur oor die bakkie se agterklap oopmaak.

’n Mens kan selfs die pote van ’n staalbed sien wat in die huisie op die bak staan.

Ek is nie seker watse bakkie dit is nie, maar ek sal nie verbaas wees as dit ’n Chev is nie, want dit was altyd Pa se gunsteling fabrikaat.

’n Mens kan die “OXV 956”nommerplaa­t duidelik sien – toentertyd se nommerplat­e vir Virginia.

Ek is in 1961 gebore, en Pa is in 1987 oorlede. Ek het dus nooit die hele storie van sy bakkie met die huisie agterop gehoor nie.

Maar ek weet wel van Pa se liefde vir die buitelewe – wat ’n mens ook op die ou foto’s kan sien.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa