Weg! Ry & Sleep

TuffCats spin harder

-

Die boswoonwa-vervaardig­er TuffCats, met drie modelle op die mark, het pas sy 20ste wa verkoop. Die eienaar, Gerrie Nel, ( Nee, nie dáái Gerrie Nel nie. – Red.) het in 2012 ’n boswa gekoop, maar hy was nie tevrede met die gewig van die wa nie. Hy het besluit om sy eie een te bou, maar kort daarna het ’n vriend dit by hom gekoop. Gerrie moes toe vir hom ’n nuwe wa bou.

Dié een het hy ’n kort rukkie later óók van die hand gesit, en ná die vierde wa waarmee Gerrie dieselfde paadjie geloop het, het hy ’n sakegeleen­theid raakgesien. Siedaar: TuffCats.

Vandag kan kopers kies tussen ’n standaard-boswoonwa, ’n kleiner weergawe hiervan en ’n boswa – almal ’n aluminiumr­omp en -raamwerk wat op ’n gegalvanis­eerde onderstel pas.

Die drie modelle heet die Mdaba (die boswa), Shumba Cub (die kleiner boswoonwa) en Shumba (die standaardb­oswoonwa). Die name is almal Shonawoord­e en beteken onderskeid­elik luiperd en leeu.

Die Shumba se Cub-model is ongeveer ’n halwe meter korter as die standaardw­a. Die buitekombu­is is byna dieselfde, en waar die Cub se deur aan die agterkant sit, is die standaardm­odel s’n in die linkerpane­el. Albei is beskikbaar met een of twee dubbelbedd­ens – dié slaan in die standaardw­a uit die regterpane­el plat. Die tweede bed slaan oor die A-raam oop.

In die standaardv­orm is die waens toegerus met items soos die watertenk (met ’n pomp), gasgeiser, een diepsiklus­battery, ’n stoepdak oor die kombuisged­eelte, ’n tweeplaatg­asstoof en kombuisgoe­d soos bekers, glase en borde (6 van alles). Dis net die ys-vrieskas wat uitgesluit is.

Een van die Shumba se meer unieke eienskappe is die buitestort wat regs agter langs die bed uitvou. ’n Vierkantig­e deur met skarniere teen die dak swaai boontoe oop en ’n gasstut hou dit oop. ’n Seilhokkie vou onder die deur oop tot op die grond. Makliker kan dit beswaarlik. Die syfers Mdaba R148 200 (tarra ± 780 kg, BVM 1 600 kg); Shumba Cub R222 300 (tarra 880 kg, BVM 1 600 kg); Shumba R239 400 (tarra 920 kg, BVM 1 600 kg). Kontak 082 301 2393; gerrie@tuffcats.co.za; tuffcats.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa