Weg! Ry & Sleep

INFANTA BOU ’N KLEINTJIE

-

Al hoe meer vervaardig­ers voeg kleiner waens tot hulle reeks, en Infanta het pas syne bekend gestel: Die Enkulu 1, ’n wa met slaapplek vir twee, vir mense wat ligter wil sleep.

Kort nadat Infanta sy boswoonwa, die Enkulu 2, bekend gestel het, het die eienaar, J.W. Swart, die voortou geneem en een van die swierigste dubbelasbo­swoonwaens in die land gebou. Die Enkulu 4 is omtrent ’n hotel op vier wiele, maar nou het J.W. ook sy visier op die ander kant van die mark.

As ’n mens na die Enkulu 1 se struktuur kyk, is hy baie soortgelyk aan sy twee voorloperw­aens, en ’n mens kan sien J.W. pas steeds sy driepuntfi­losofie toe: Jy moet lekker kan kosmaak, stort en slaap.

Die binnekant is een groot dubbelbed; die stort sit agter aan die buitekant en werk met ’n hoëdrukgei­ser; en die kombuis is aan die linkerkant.

Net soos met die heel nuutste Enkulu 2-modelle lig die opwipdak ook net aan die agterkant op – dié werk met elektriese motortjies en jy hoef net ’n knoppie te druk. Gelukkig sit jy darem nie met jou vinger in jou oor as die motortjies dalk die gees gee nie, want jy kan hom ook met die hand lig.

Die deur is aan die linkerkant agter en die bed is links van die

deur, neus se kant toe. Voor jou, as jy by die deur staan, staan die kassettoil­et teen die oorkantse paneel, en die tenk is van buite af bereikbaar.

Bo die kombuis, teen die romp van die wa, haak ’n los rak in waarop jy al die klein kombuis- en ander losgoed kan pak – lekker uit die pad, maar steeds byderhand.

Hier is plek vir enigiets van speserybot­teltjies tot die botterhoue­r en dis ’n blink plan om die werkblad skoon te hou.

Die syfers Tarragewig 610 kg (volledig toegerus); BVM 1 600 kg. Prys R250 000 (volledig toegerus).

Kontak 028 512 3663; jwswart@twentyfour.co.za; infantatra­ilers.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa