Weg! Ry & Sleep

Slimmer as domkrag

-

Om ’n pap band op jou sleepwa om te ruil is dikwels ’n moeisame storie. Maar die Easy Wheezy maak dinge maklik: Jy haak dié wig oor jou wa se as en sleep die wa dan ’n kort entjie vorentoe. Die wig se kurwe veroorsaak dat jou sleepwa se pap band van die grond af gelig word.

Die Easy Wheezy word gegiet uit 6061-T6-aluminium- allooi – ’n tipe metaal met ’n besondere hoë treksterkt­e. Dit het ’n drakrag van 2 t en pas ook op vierkantig­e asse. As jy die Easy Wheezy in aksie wil sien, gaan na Facebook en tik “Roadque” in die soekblokki­e. Prys R400. Kontak 012 804 1967; info@roadque.co.za; roadque.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa