Weg! Ry & Sleep

Sherpa uitgevoer Australië toe

-

Die eienaars van Caravan Xpress, ’n Australies­e woonwahand­elaar, het Sherpa Leisure genader om van sy produkte in te voer en Doer Onder te verkoop. Sherpa Leisure bou onder meer die bekende Tiny- en Rambler-modelle en sy waens is gemik op kampeerder­s wat ’n klein veselglasw­oonwa verkies.

Neville de Meillon, eienaar van Sherpa, sê Caravan Xpress is nou die alleenvers­preider van hulle produkte in Australië, en die Sherpa trek klaar groot aandag.

Die plaaslike Sherpa word in een stuk uitgevoer, maar sonder kragproppe of ’n ys-vrieskas. Caravan Xpress rus die wa dan toe met sy eie plaaslike ys-vrieskas en sit ook proppe in wat in Australië gebruik word.

Kontak 011 452 8188; neville@sherpaleis­ure. co.za ; sherpaleis­ure. co.za >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa