Weg! Ry & Sleep

Uiteindeli­k, die nuwe Pajero Sport

-

Die langverwag­te Pajero Sport het uiteindeli­k sy opwagting in Suid-Afrika gemaak. Ons moes twee jaar wag, want die rand het swak gepresteer teenoor ander geldeenhed­e en Mitsubishi Suid-Afrika wou nie die nuweling teen ’n onmededing­ende prys invoer nie.

Die 2017 Pajero Sport is toegerus met Mitsubishi se nuwe Super Select 4-II-viertrekst­elsel wat beloof om voort te bou op die maatskappy se agtenswaar­dige veldryverm­oë. Die vorige 3.2-turbodiese­l (120 kW, 343 Nm) is vervang met ’n kleiner maar sterker 2.4 D4 MIVEC-turbodiese­l wat 133 kW krag lewer teen 3 500 r.p.m. en 430 Nm wringkrag teen ’n taamlik lae 2 500 r.p.m. ’n V6-petrol- en 2.5-dieselmode­l is in oorsese markte beskikbaar, maar Suid-Afrika gaan slegs die 2.4 kry.

Die Pajero Sport is beskikbaar in twee- én vierwielmo­delle en albei het ’n 8 spoedoutom­atiese ratkas wat in sportmodus gebruik kan word deur ratwisselp­edale te tik.

Die nuwe bakwerk rus op ’n leerraamon­derstel en onafhankli­ke vering met kronkelver­e en stabilisee­rstawe op albei asse. Dié opdatering lewer ’n beter rit as tevore en vergelyk goed met mededinger­s soos die Ford Everest en Toyota se Fortuner.

wissel van R569 995 vir die tweewielaa­ngedrewe Pajero Sport tot R599 995 vir die viertrekwe­ergawe.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa