Weg! Ry & Sleep

Dit woel daar by Dinokeng

-

Die eienaars van die Dinokeng-oord, een van die nuutste kampplekke by die Dinokengre­servaat, laat nie gras onder hulle voete groei nie: Hulle het nou ook ’n warmwaters­wembad gebou.

Die gebou waarin die swembad gehuisves word, het ’n kleurryke geskiedeni­s.

Die vorige eienaar het ’n ou plaasdam toegebou en dit in ’n kerkie omskep waarin mense onder meer kon trou.

Maar hulle het nie alles afgebreek nie en die dak van die kerkie het behoue gebly. Die swembad se water sal deur die jaar tot 35-36 ºC verhit word, sê die eienaar Coleen Pieterse.

Boonop het Coleen-hulle nog 13 staanplekk­e by die bestaande 33 gevoeg. Vier hiervan is staanplekk­e wat elk ’n eie badkamertj­ie het.

Die nege gewone staanplekk­e het elkeen gras, krag, water, koelte en ’n braaiplek. Agter die bestaande badkamers is nog ’n ablusieblo­k gebou.

Die tweede waterwurm word in November geïnstalle­er, en intussen het hulle ook ’n restaurant geopen.

Kontak 063 771 6856 of 060 970 5990; info@dino kengresort.co.za; dinokeng resort.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa