Weg! Ry & Sleep

PEUGEOT MAAK DIE PAP DIK AAN...

-

Peugeot se nuwe 3008 is ’n mooi ryding, maar as ’n sportnuts is hy ongelukkig effens onprakties: Hy het ’n maksimumsl­eepgewig van slegs 600 kg, wat beteken die swaarste wat jy mag sleep, is byvoorbeel­d ’n Venter Glide, dié vervaardig­er se die kleinste waentjie. Boonop is daar geen viertrekop­sie nie. ’n Mens wonder hoe Peugeot dit as ’n sportnutsv­oertuig kan bemark.

Hy lýk soos een en die vastrapbeh­eer is genoeg om met ’n gemiddelde plaaspad af te reken. Maar diep sand, modder en klippe? Aikôna.

Die harde vering en 18”-wiele is ook glad nie gelukkig op sinkplaatp­ad of slaggate nie.

Pryse wissel van R399 900 vir die intreevlak-Active 1.6 THP (outomaties) tot R569 900 vir die vlagskip GT Line+ 1.6 THP (outo).

In ander nuus uit dieselfde stal sê Peugeot Suid-Afrika daar is beslis ’n dubbelkaju­itbakkie op pad. Maar anders as wat in sommige publikasie­s beweer word, gaan hy nié op die Nissan Navara of die Chinese (en skreeuleli­ke) Dongfeng Rich geskoei wees nie.

Peugeot swyg oor die oorsprong van die onderstel, maar aangesien die Franse vervaardig­er ’n deelooreen­koms met Toyota geteken het, is daar ’n kans dat hy onderdele by die Hilux gaan leen. Ons sal finaal weet as die bakkie in 2020 bekend gestel word.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa