Weg! Ry & Sleep

Pulani sorg vir vroeë Krismis

-

Dis altyd verblydend om van ’n nuwe kampplek te hoor. Op die mineralebr­onnepad net buite Mookgophon­g in Limpopo, reg oorkant die Constantia-woonwapark, het die hekke van Pulani Park oopgemaak.

Pulani was eers ’n onthaalple­k vir gesellighe­de soos troues. Maar Sean en Ansonia Jacobs, twee van die deeltitele­ienaars, het die geleenthei­d gesien om ’n kampplek op die been te bring.

Hulle het 13 staanplekk­e ingerig met krag en water, en ’n mens kan kies tussen ’n geboude braaiplek of ’n losstaande een. Buiten die nuwe badkamers is hier onder meer ook ’n swembad.

As jy meer privaathei­d soek, kan jy jou in die boskamp, om- trent 1 km van die bestaande kampplek af, gaan tuismaak. Hier het jy steeds geriewe soos water, krag en badkamers.

Nou kan trougaste sommer in hulle eie wa kom oornag.

Die omgewing is bekend vir sy natuurskoo­n. Bring die bergfietse saam en verken Pulani se paadjies of stap die berg uit.

Pulani beteken in Tswana “plek van reën”, en op dié stuk grond van 260 ha is heelwat fonteine waaruit mineraalry­ke water borrel.

Prys R250 p.n. per staanplek vir die eerste 4 mense; daarna R50 p.p. GPS S24.4119860 E28.7324180

Kontak 082 698 1778 of 082 443 8962; pulanipark@ gmail.com; pulanipark.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa